Leesplan inligting

Habakuk se hoopVoorbeeld

Habakuk se hoop

DAG 1 VAN 7

Habakuk se Verhaal

“Die Here het Habakuk as profeet gebruik. Wat volg, is wat die Here vir hom gesê het” Habakuk 1:1DB.

Habakuk is dalk een van die minder bekende profete van die Bybel. Ja, miskien ken ons almal eintlik net die liedjie wat ons gesing het oor die vyeboom wat nie bot nie, wat in die slotgedeelte van Habakuk voorkom.

Hy was in die jare 610vC ‘n profeet. Dit was ‘n tyd waar daar regtig godlose konings was wat regeer het. Die Babiloniërs het toe op die toneel verskyn. Habakuk verwys na hulle as die Galdeërs. Hulle was vreeslik. Hulle het net mooi alles wat voorkom, vernietig!

Hierdie was een van die heel slegste en donkerste tye van Israel ooit! Tye toe net mooi alles vir hulle verkeerd geloop het. Jy kan amper sê: Habakuk was daar toe niks meer vir niemand wou werk nie.

God se stem het stil geword. Boonop was Habakuk nie juis jou tipiese profeet nie. Gewoonlik was dit God wat met die profete gepraat het en dan het die profeet die boodskap aan die mense oorgedra. Habakuk was egter anders. Hy het gewroeg en geworstel met die swaar- en seerkry van die mense en het hulle klagtes en ellende na God toe gevat.

Habakuk bestaan uit 3 hoofstukke. Ek nooi jou uit om saam met my te kyk wat God vir ons wil leer. Onthou, Habakuk het ‘n boodskap vir elkeen van ons in die tyd waarin ons leef. Hy weet van swaarkry en leiding. Sy naam beteken: “wrestle and embrace” (Stoei en aangryp).

Miskien is jy nou op ‘n plek waar jy voel God praat nie met jou nie. Dit voel dalk vir jou of Hy Hom glad nie aan jou steur nie. Miskien pleit jy al hoe lank vir God vir oorwinning oor iets, of vir ‘n deurbraak in jou lewe, maar niks gebeur nie. Jou gebed is dalk ook al so morbied soos die van Habakuk: Habakuk 1:2 “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?”

Al voel jy nou so hooploos soos Habakuk, hou aan met lees. Daar is hoop.

GEBED: My Here, ek voel depressief. Dit voel of niks in my lewe wil uitwerk nie. Ek sit nou hier voor u voete. Help my asseblief. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Habakuk se hoop

Toe Habakuk nie meer hoop gehad het nie, het hy ‘n besluit geneem om vir hom ‘n vestingmuur op te rig en om op God te wag. Moenie God inperk met jou eie gedagtes en oplossings nie. Bring jou nood voor God, maar wag vir s...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid