Leesplan inligting

Habakuk se hoopVoorbeeld

Habakuk se hoop

DAG 5 VAN 7

God is oral

"‘n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van ‘n klaaglied" Habakuk 3:1.

In Habakuk hoofstuk 3 is daar goeie nuus: Habakuk ontdek dat God oral is!

In hoofstuk 1 het ons die Habakuk leer ken wat moedeloos en klaend was; die profeet wat sy eie behoeftes en nood selfsugtig voor die Here neergesit het en God wou manipuleer om te doen wat hy gevra het. Die profeet wat sy naam gestand doen en aanhou met God probeer stoei het. Daardie profeet het op ‘n plek gekom in Hoofstuk 2 waar hy verstaan: Die wat op die Here wag kry nuwe krag. Habakuk kom bly ‘n plek van oorgawe waar hy God omhels en sy lof besing.

Hy moes egter ook leer dat dit nie die krag is om aan te gaan met jou eie lewe nie, dit is krag om aan te gaan met GOD se lewe vir jou. Hierdie soort krag beteken: Ek het die Here in my lyf ervaar! Habakuk se hart het tot bedaring gekom. Hy het klaar gemaak met die “wrestle” deel en kon God nou “embrace”. Toe God verskyn, begin Habakuk sing. Eintlik kan hierdie klaaglied net sowel ‘n oorwinningslied gewees het.

Habakuk 3:2: “Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.” Sy selfsugtige gebed in Hoofstuk 1 het hier in Hoofstuk 3 verander na: Here, Nou het ek U gesien.

Ek en jy voel ook maar baie dae of ons nie meer verder kan nie. Ons kry swaar. Die korrupsie, inbrake en diefstal in die land maak ons bang. Ons worstel ook maar baie dae met ons verhoudings, ons gesondheid. Ja, ons voel ook soms: Wat gaan van ons word?

Vir ons kom sê Die Here vandag: Ek is wie Ek is. Ek is die rots. Ek is die almagtige. Sien — tot julle My raaksien; bid — tot julle My raak bid. Hoor — tot julle My raak hoor.

Habakuk 3:3: “God kom van Teman af, die Heilige kom van Paranberg af. (hoor mooi ...) ... die hemelruim is vol van sy majesteit, die aarde vol van SY roem.”

Sien jy ook: God is oral!

GEBED:

My Hemelvader, dankie dat U oral is. Net soos Habakuk roep ek uit: Ek is vervul met ontsag van wat U gedoen het. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Habakuk se hoop

Toe Habakuk nie meer hoop gehad het nie, het hy ‘n besluit geneem om vir hom ‘n vestingmuur op te rig en om op God te wag. Moenie God inperk met jou eie gedagtes en oplossings nie. Bring jou nood voor God, maar wag vir s...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid