Leesplan inligting

Habakuk se hoopVoorbeeld

Habakuk se hoop

DAG 4 VAN 7

God sien alles raak

"... Dit voel dalk vir jou of dinge sloer en of niks aan die gebeur is nie, maar wees geduldig. Jy sal sien, kom sal dit kom en niks en niemand sal dit kan terughou nie" Habakuk 2:3 DB.

Soms voel dit mos vir ons asof God nie al die ellende op die aarde raaksien nie. Hoekom keer Hy dan nie die dief wat onskuldige mense besteel nie; hoekom het Hy nie ingegryp toe die mense vermoor word nie; hoekom help Hy ons nie as ons vra vir werk nie?

Ons is nie alleen met ons vrae nie. Habakuk het maar oor dieselfde dinge by God gaan kla. Daarom moet ons kyk hoe God hom antwoord:

Habakuk 2:6: ... ”Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie, wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur?” (Habakuk jy dink Ek sien nie die bedriërs en die ouens wat net steel en steel raak nie?)

Habakuk 2:9: “Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur ‘n ramp oor sy familie gebring het ..." (Habakuk, dink jy Ek slaap, dink jy Ek sien nie hierdie dinge nie?)

Habakuk 2:12: “Ellende wag vir hom wat ‘n stad bou met moord, wat ‘n dorp aanlê met onreg." (Habakuk, dink jy nie Ek sien die bloed wat in jul strate loop nie; die sinnelose moorde nie. Die Skepper van hemel en aarde; die Een wat nooit sluimer of slaap nie? Dink jy Hy is met ander dinge besig?)

Habakuk 2:15 “Ellende wag vir hom wat, toe hy vir ‘n ander drank gegee het, dit met gif gemeng het en hom dronk gemaak het om na sy kaal geslagsdele te kan kyk." (Habakuk, dink jy nie Ek weet van al die seksuele perversies nie? Dink jy nie Ek weet van al die pornografie-afloerders op die internet nie? Dink jy Ek sien nie die korrupsie in die wêreld raak nie?)

Liewe vriend: God is hier by jou! Lees die hele hoofstuk 2 en sien wat God alles met die vyand gaan doen om hom te straf. Hy sal op die regte tyd met die goddelose afreken.

Hou jou fokus op Jesus Christus en bly in ‘n verhouding met Hom.

GEBED:

My Here en my God! Ek kies om op U te wag. Dankie vir u vertroostende hand op my. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Habakuk se hoop

Toe Habakuk nie meer hoop gehad het nie, het hy ‘n besluit geneem om vir hom ‘n vestingmuur op te rig en om op God te wag. Moenie God inperk met jou eie gedagtes en oplossings nie. Bring jou nood voor God, maar wag vir s...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid