Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... NadenkeVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Nadenke

DAG 5 VAN 5

Jy is iemand!

Jesaja 43:1: “... moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”

Hiérdie teks het gedurende ‘n donker tyd in my lewe baie diep met my gepraat. Telkemale het dieselfde woorde te voorskyn gekom op verskeie maniere. Ek het besef dat God ‘n verklaring maak: “jy is Myne ...”

Wanneer hoop kwyn is ons geneig om letterlik "klein" in postuur te raak. Ons loop kop onderstebo en verbind onsself met die grond. Ons harte en siele voel verslaan deur al die swaarkry wat op ons skouers nes geskrop het. Wat ook al die redes vir ons oorwonne liggame, onthou tog dat God jou opeis! Hy het jóú op die naam geroep, jy ís Syne! Dit is nie debatteerbaar nie, die woorde uit sy mond is ononderhandelbaar — dis op skrif!

Ja, swaar tye en omstandighede is onvermydelik maar Romeine 8:31 is duidelik daaroor dat as God vír jou is, wie of wat kan teen jou wees? Oorwinning gebeur as jy sy beloftes vir jouself toe-eien, onwrikbaar daarop staan en gereeld herhaal. Vandag kan ek hoofstukke skryf oor sy genade en voorsiening, wat elke keer betyds is.

Vader, my naam is nog voor my geboorte aan U bekend daarom is ek lankal "iemand" van belang, ek behoort aan U. Ek weier om bang te wees want u woorde lei my.

Onthou, hoop beskaam nie, dit is die handvatsel na Hom. Gryp dit — jy ís Syne!

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Nadenke

Soms raak mens mismoedig oor die lewe en die "kaarte wat vir jou gedeel is". Ons lees die Woord maar fokus nie regtig nie. Tog help dit om vir 'n oomblik asem te haal en na te dink oor waar jy jou bevind. Baie woorde in ...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid