Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... NadenkeVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Nadenke

DAG 2 VAN 5

Jy kan die verskil wees

1 Petrus 1:13: “Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus."

Ek het eenkeer gelees “wees jy die verskil wat jy in die wêreld wil sien.” Baie sinies het ek gedink “ugh ... watter wêreld? Kyk hoe lyk dit óm my.” Tog het hierdie woorde my laat dink omdat dit júís is hoe mense dink.

As ons net kan besef dat niks om ons oor óns gaan nie. As ek die keuse maak om sinies, bitter en suur te bly, smeer dit af op elkeen met wie ek daagliks in aanraking kom. “Arme ek” kan die oorsaak wees dat ‘n ander persoon se idees oor die lewe ook suur kan raak en skif soos vrot melk. Wat “smeer” ek af?

Ek het eenmaal gelees: “'n Heerlike geur kleef aan die hand wat die rose gee.” Met só 'n ingesteldheid kan jy ‘n kettingreaksie van positiewe denke begin! Ons kan ‘n negatiewe gedagte of ervaring met positiewe nadenke betrag. Soos mense jou hoor, word op die Satan se stert getrap en misluk sy plan om my en jou bedruk te hou.

Watter geur gee jy af? Hoe dink jy ervaar mense jou? Hoe tree jy op tydens uitdagings of teleurstellings? Jesus wil hê dat ons op Hóm moet fokus — ons hoop volkome op Hom met wakker denke. Jy kán dit doen sonder om skif melk te word!

Here, soms is my fokus mistig en realiteite van hierdie wêreld grom in my nek. Maar U het reeds die verskil gemaak deur u Gees in my te blaas. Ek wíl graag ‘n verskilmaker wees.

Elke dag bied ‘n geleentheid om ‘n "verskilmaker" te wees. Soek dit doelbewus en doen dit — dit is baie bevredigend!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Nadenke

Soms raak mens mismoedig oor die lewe en die "kaarte wat vir jou gedeel is". Ons lees die Woord maar fokus nie regtig nie. Tog help dit om vir 'n oomblik asem te haal en na te dink oor waar jy jou bevind. Baie woorde in ...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid