Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... NadenkeVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Nadenke

DAG 3 VAN 5

Die woorde van Jabes

1 Kronieke 4:10: “Jabes het die God van Israel aangeroep met die volgende woorde: ‘Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.’”

Daar is al baie geskryf oor hierdie gebed, die mees bekende is die boek “Jabes se gebed” vanuit die pen van Dr. Bruce Wilkinson. Die hele leerstelling hieroor is as't ware ‘n onthulling van dít wat ons nié opmerk nie.

Wat treffend is in hierdie kort teks, is die eerlike en direk gerigte woorde van Jabes — dít is hoop! ‘n Optimisme dat God reeds gehoor het en dat dit so sal wees. Wat ook opvallend is, is dat Jabes vir God as sy skuiling sien: “ ... neem my onder U beskerming ...”

Voel ons nie ook maar só nie? Ek het al telkemale gewens dat iemand my wou omarm, wegneem van die wêreld wat dreig, maar dan fluister “iets” dat Hy nog heeltyd by my is — dis ek wat rondkyk en bang voel. Dalk het Jabes ook bang gevoel, iets moes hom gemotiveer het om dié gebed te bid. Moed-verloor-se-vlakte het hom dalk hierdie pleidooi laat uiter. Ons sal nooit weet nie, maar die feit dat Jabes na God geroep het, bevestig vir my sy hoop en dat hy geweet het daar is ‘n God!

En dán, net in die volgende teks hiérdie woorde: “God het laat gebeur wat hy gevra het.” Kort. Kragtig.

Ek glo Jabes se hart was sonder voorgee (God sou dit in elk geval geweet het). Sy hoop was suiwer na God gerig. Hy het eenvoudig gevra.

Vader, U sien diep tot in die murg van my beendere ... ek roep na U net soos Jabes want U is magtig en my enigste hoop.

Gaan lees ook in Klaagliedere 3:24-27 waar Jeremia duidelik sê wat ons te wagte kan wees — net soos Jabes.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Nadenke

Soms raak mens mismoedig oor die lewe en die "kaarte wat vir jou gedeel is". Ons lees die Woord maar fokus nie regtig nie. Tog help dit om vir 'n oomblik asem te haal en na te dink oor waar jy jou bevind. Baie woorde in ...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid