Leesplan inligting

In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 1 VAN 10

’n Gebed vir RUS


Wanneer die trapmeul van die lewe my uitput




O Here, my wêreld van aanhoudende beweging skep ’n lewe van angs en stres. Ek vertel sowaar soms met trots vir ander hoe besig ek is, en ek voel skuldig as ek tot stilstand kom om te rus.


U het egter nie bedoel dat mense in ’n toestand van gejaagde aktiwiteit moet lewe nie. Uit u eie voorbeeld terwyl U hier op aarde was, is dit duidelik dat U wil hê ons liggaam en siel moet verkwik word. Waarom sou die alomteenwoordige God van die heelal gerus het nadat Hy die skeppingswerk afgehandel het? Dit was sekerlik nie omdat U, die Almagtige, moeg was nie! Die antwoord wat ek sien, o God, is dat U, deur ’n ruskans van u werk te neem, rus as heilig verklaar het. U het ons op so ’n manier gemaak dat ons moet ophou werk om na ons fisieke en geestelike behoeftes om te sien.


Ek weet werk is goed en dit bring soveel voordele in my lewe. Maar ek weet ook dat U wil hê my werk moet gebalanseer word met gereelde rus en aandag aan my liggaamlike en geestelike gesondheid. Andersins sal ek energie kortkom en kosbare oomblikke van stiltetyd saam met U misloop.


Here, leer my hoe om te rus.



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid