Leesplan inligting

In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 6 VAN 10

’n Gebed vir VREDE


Met al die omwentelinge in my lewe, hoe kan ek ’n gevoel van vrede handhaaf?





O God, ek het ’n bietjie meer vrede nodig. Die een ding wat voel of dit nooit verander nie is verandering! Net as ek dink die lewe het ’n bietjie tot bedaring gekom, duik nog ’n lewensveranderende aanpassing op om my te toets. Ek skat deel van die lewe is om te leer om hierdie nuwe uitdagings te verwag. Ek moet ophou om so ontsteld te raak wanneer my planne omvergegooi word.


In plaas daarvan, wil U nie asseblief die verbintenis in my vestig om my lewe te bou op die onveranderende beginsels en beloftes wat U in u Woord gee nie? Laat ek na u Woord toe gaan om my perspektief te behou en geanker te bly wanneer ek omwenteling ervaar. Vrede in my lewe sal dalk moet wag tot ek in die hemel kom, maar ek kan wel nou vrede in my hart hê – en dit hoef nie te verander wanneer nuwe uitdagings oor my pad kom nie. 


O God, ek wil dit ’n prioriteit maak om die lewe met hierdie ewigheidsperspektief te benader. Mag ek rus in die seker wete dat my toekoms in u hande is.




Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid