Leesplan inligting

In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 7 VAN 10

’n Gebed oor ONVERGENOEGDHEID


As ek nooit gelukkig voel nie




O Here, diep in my hart skuil ’n gevoel van onvergenoegdheid wat besig is om te versprei. Deur my ontnugterde oë het ek nie genoeg geld nie, my huweliksmaat is nie die sielsmaat waarvan ek gedroom het nie, my werk is nie juis inspirerend nie en ek kry nie alles gedoen wat ek wil nie. Ek kan my gevoelens ignoreer en net aanhou doen wat ek moet doen, maar dit sal nie my rustelose gesindheid genees nie.


Here, ek weet hierdie ingesteldheid is gevaarlik, want dit veroorsaak dat ek op myself fokus – wat ek nie het nie en nie kan doen nie. Ek moet my denkwyse verander. Wys my asseblief hoe. Verander my gedagtes! Elke keer wanneer ek agterkom dat ek dink oor alles wat ek nie het nie, help my om liewer te fokus op wat ek wel het. Ek bid dat ek my oë op U gerig sal hou en dat U vir my sal wys hoe om dié om my te dien. As ek my oë weg van myself af draai, verander my onvergenoegdheid stelselmatig in ware tevredenheid. Dan, terwyl ek U en ander gelukkig maak, sal ek self ook vreugde vind.



Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid