Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 3 VAN 10

’n Plek van genade


Eens vyande van God, maar nou begenadig, in vrede met God en deur Jesus toegang verkry tot die Koning! Efesiërs 2:13 stel dit mooi: “Maar nou het julle wat toe ver weg was, deur julle verhouding met Christus naby gekom. Dit is moontlik gemaak deur Christus se dood aan die kruis.” Dit is wat Christus vir die sondaar doen – Hy was hom in sy bloed; trek vir hom die kleed van geregtigheid aan en bring hom in die troonkamer van God.


Van nature verdien geen mens hierdie toegang nie. Romeine 5:2 sê dis slegs moontlik deur geloof en deur Jesus. Dit is nie deur wetsonderhouding of deur goeie werke nie. Dis nie ’n voorreg waarop ’n mens van nature geregtig is nie – Christus is die enigste een wat “van nature” en van ewigheid af Seun van God is. Ons kan ons kindskap van God slegs verkry deur Hom wat van ewigheid af die Seun van God is.


Paulus noem hierdie heerlike posisie waarin ons ons nou bevind “genade”. Daarom noem Hebreërs 4:16 die troon van God ’n troon van genade en nie ’n “oordeelstroon” nie: “Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God.” Ons leef in die sonskyn van God se guns en genade, nie in die skaduwee van sy toorn en oordeel nie.


Here, hoe kan ons U ooit genoeg dank vir u weldaad aan ons! Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid