Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 5 VAN 10

Posisie van oorwinning


Deur Jesus Christus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade.


In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. In Hom sit ons in hemelse plekke.


Dis ’n geestelike en sielkundige feit: ’n mens leef vanuit jou geestelike verwysingsraamwerk. ’n Mens neig om te word wat die belangrikste persoon of persone in jou lewe van jou dink en sê. As ’n kind byvoorbeeld gedurig van sy ouers hoor dat hy sus of so is, met weinig erkenning, bemoediging en opbeuring, glo hy mettertyd dis maar hoe hy is en begin leef volgens daardie (negatiewe) projeksies en verwysingsraamwerk.


Wat moet dit nie aan ons doen om te hoor dat die heel belangrikste Persoon in die heelal ons vrygespreek het en nou ons Vader, ons Vriend, geword het en dat ons ware, geestelike lewensruimte sy troonkamer is nie! Dit is nie wensdenkery nie! Vanuit hierdie verwysingsraamwerk moet ons dink, praat, werk en leef. Vanuit hierdie perspektief moet ons na ons probleme kyk en dit hanteer. Ook hoe ons na die duiwel, die bose, kyk en oor hom dink, is vanuit hierdie “hemelse plek”.


Vanuit “hierdie heerlike posisie van genade” kyk ons nooit “op” na die duiwel en ons probleme nie, ons kyk “af” daarna. Ons moet meer troon-georiënteerd raak en minder probleem- en duiwel-georiënteerd. Laat jou posisie in Christus jou denke en gemoedstemming bepaal en nie die duiwel en jou probleme nie.


Here, U het my in hierdie heerlike genadeposisie gebring. Help my om hieruit te lewe! Amen. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid