Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 10 VAN 10

Maar God …


Baie van ons het ’n “maar” in ons lewe. Daardie skadu wat soveel van die goeie en die mooi in ons lewe verduister en ontsier – soos Naäman se “maar melaats”. Daar is egter ’n ander “maar”, die groot maar, die “maar God”. Dis waarna Paulus in ons Skrifvers verwys. Nadat hy in die eerste drie verse van Efesiërs 2 die sondige en hooplose toestand van die Efesiërs uitgewys het, kom hy met die twee woorde wat alles verander: “maar God … ”


Paulus sê: “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid … ” Barmhartigheid, genade, liefde – God is ryk daarin; Hy is ʼn genade-magnaat; Hy boer met genade en barmhartigheid. Dit is wat ons as mense die nodigste het. Ons elkeen kom soms op ’n plek in ons lewe wanneer ons niks anders as God se barmhartigheid nodig het nie.


Barmhartigheid kan jy nie verdien nie, jy kan dit nie koop nie. Jy kan net leë hande uitsteek na God en Hom smeek daarom. Dank die Here dat sy genade nie gerantsoeneer word omdat dit uit voorraad raak nie. Trouens, Jakobus 4:6 sê: “God is besig om ons steeds meer genade te gee.” Sy barmhartigheid is altyd meer, sy genade altyd groter as ons sonde, smart, pyn of skande.


Here, dankie dat u genade altyd beskikbaar is. Amen.


Hierdie oordenkings is saamgestel uit AAN DIE VOETE VAN DIE VADER deur Isak Burger © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid