Leesplan inligting

Aan Die Voete Van Die VaderVoorbeeld

Aan Die Voete Van Die Vader

DAG 6 VAN 10

Vir altyd vry!


Op een of ander manier dra ons almal letsels van sonde – soms ons eie, soms dié van ander. Terwyl die Here ons van letsels van sonde in ons gees verlos en ook aan ons genesing kan bring vir die gebrokenheid in ons emosies en liggame, besef ons elkeen dat ons nie van al hierdie dinge op aarde gevrywaar is nie.


Sekerlik beskerm die Here ons van vele smarte hier op aarde. Tog is gelowiges deel van hierdie onvolmaakte ondermaanse. Dis nie net ongelowiges wat deurloop onder misdadigers nie. Dis nie net ateïste wat finansieel swaarkry nie. Dis nie net slegte mense wat doodgaan nie. Net so seker as wat God se reën op die regverdiges én die onregverdiges val, net so seker deel onregverdiges én regverdiges in die smart en leed van hierdie wêreld.


Weliswaar het die gelowige in sulke tye die wonderlike voorreg van God se liefde en genade wat ons omhels en deur die storms van die lewe dra. Die finale en volmaakte genesing van alle onvolmaaktheid is ons egter nie op hierdie aarde beskore nie. Genadiglik is hierdie lewe nie ons hele verhaal nie. Gelowiges glo in daardie “ander” land, ons eie, ewige “vaderland”. Hebreërs 11:16 stel dit so: “Maar nou hunker hulle na ’n beter vaderland, naamlik dié een in die hemel.” In daardie land sal elke merk en gevolg van sonde, elke litteken van gebrokenheid, elke spoor van die dood, verwyder wees. Vir altyd!


Here, dankie vir die wonderlike vooruitsig waaraan elke kind van U kan vashou. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Aan Die Voete Van Die Vader

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid