Leesplan inligting

Aan Ons: Vier die Koms van JesusVoorbeeld

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

DAG 5 VAN 5

Vredevors 



Vrede. Ongeag van waar ons woon of wat ons glo, ons almal begeer vrede. Omdat ons siele daarna smag, probeer ons dit op verskeie maniere bekom — mense, leiers, finansies, gemak, dwelmmiddels. Dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie, ons sal nooit ware, langdurige vrede ervaar totdat ons nie die bron daarvan ontmoet nie. 



In Jesaja 9:6 word Jesus Vredevors genoem. Dit word soos volg in Hebreeus gedefinieer:



Vors — sar

Prins, heerser, leier, beampte, kaptein



Vrede — shalom

Volledigheid, gesondheid, welsyn, vrede, veiligheid; in verbondsverhouding met God



Wanneer hierdie twee woorde tot 'n titel gekombineer word, vind jy 'n leier wat volkome welstand, vrede en veiligheid voorsien. Hoe wonderlik is dit nie? Met een naam is Hy onmiddellik anders as enige menslike heerser wat ons nog ooit op aarde gesien het. Toe Hy gekom het, was Hy in God se vrede geklee. 



Jesus se vrede nooi 'n kalmte in ons lewens in, ongeag van wat om ons skuil. Hy gee aan ons vrede deur die beproewinge van die lewe heen, en moedig ons aan om nie ontsteld of bang te wees nie (John 14:27). Hy bied vir ons vrede op ons lewensreis met Jesus totdat Hy weer kom (1 Tessalonisense 5:23). Wanneer ons byna oorweldig word deur vrees, word ons kalmeer deur die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan (Filippense 4:7). 



Jesus, ons Vredevors, is die enigste manier hoe ons vrede met God kan hê. Wanneer ons ja sê vir Jesus en glo dat Hy gesterf en weer opgestaan het, word ons tot 'n regte verhouding met Hom genooi. Hy smag daarna om verhoudings te herstel, en soos wat dit gebeur, leer ons hoe om vredemakers te wees in 'n wêreld wat dit bitter nodig het. 



Ongeag van waar jy in jou reis met Christus is, sit vandag tyd daarvoor opsy om oor Jesus as jou Vredevors te peins.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

In Jesaja 9:6 sien ons dat Jesus ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors is. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons die koms van Jesus vier deur meer oor sy verskillende name te leer, sowel as oor hoe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid