Leesplan inligting

Aan Ons: Vier die Koms van JesusVoorbeeld

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

DAG 4 VAN 5

Ewige Vader



Die woord Vader kan 'n wye reeks emosies in ons wakker maak. Miskien glimlag ons wanneer ons die woord hoor, omdat dit wonderlike herinneringe aan ons eie vader oproep. Of miskien voel ons harte in twee geskeur, omdat ons ons vaders mis of treur oor die verlies van 'n verhouding wat nooit aan ons verwagtinge voldoen het nie. Hoe jy ook al jou aardse vader beskou, jou hemelse Vader gee baie om vir jou, en Hy is altyd naby.



Jesaja 9:6 vertel ons dat Jesus ons Ewige Vader is. Dit word soos volg in Hebreeus gedefinieer:



Ewige — 'ad

Vir ewig, voortdurende toekoms; of deurlopende voortbestaan 



Vader — 'ab

Vader; God as Vader; heerser of hoof



Hierdie twee woorde vertel ons dat Jesus, ons Ewige Vader, die God is wat deurlopend voortbestaan. Dit beteken dat Hy reeds bestaan het voordat tyd begin het, en dat Hy sonder enigiemand se hulp bestaan. Hy is nie geskep nie, en Hy het nie hulp van enigiemand of enigiets nodig nie. Hy stel 'n voldoende standaard vir enige vader om na te streef. Hy gee ook op 'n teer, vaderlike manier vir ons om. 



Ons mag dalk as gevolg van ons aardse ervaringe nie die goedheid van ons Ewige Vader werklik verstaan nie. Een van ons grootste uitdagings om ons Ewige Vader te verstaan, is die bagasie wat ons van ons eie vaders saamdra. Ongeag of ons 'n betrokke vader gehad het wat vir ons gesorg het en op wie ons kon staatmaak, en of ons 'n veraf vader gehad het wat ons afgeskeep en afgeknou het, Jesus is die soort Vader wat ons almal graag wil hê. Die goeie nuus is dat Hy na die aarde gekom het om ons gebrokenheid weg te neem en dit te vervang met 'n ewigheid wat met hoop vervul is. 



Ons hoef nie bang te wees dat ons van Jesus geskei gaan word nie. Hy duur vir altyd en is altyd naby. Daar is geen dood, vrees vir die toekoms of enigiets anders wat bestaan wat ons van ons Ewige Vader kan skei nie. Ons mag dalk nie weet wat voorlê nie, maar ons kan Hom volkome vertrou. Hy is dit waardig. 



Leun terug en rus in jou Ewige Vader se gemaklike arms. Staan tyd daaraan af om met Hom te praat en luister mooi om sy rigtingwysing te hoor oor die bekommernisse en vreugdes wat swaar op jou hart lê.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

In Jesaja 9:6 sien ons dat Jesus ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors is. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons die koms van Jesus vier deur meer oor sy verskillende name te leer, sowel as oor hoe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid