Leesplan inligting

Aan Ons: Vier die Koms van JesusVoorbeeld

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

DAG 1 VAN 5

Vir Ons Is 'n Kind Gebore



Die profete in die Bybel was mense wat 'n boodskap van God gehoor, en dit dan aan die mense oorgedra het. Jesaja is die eerste groot profeet in die Ou Testament. Dat hy 'n groot profeet was, beteken nie dat sy werk belangriker was nie — dit beteken eenvoudig net dat die profeet se geskrifte nie alles in een boekrol kon pas nie, anders as in die geval van 'n klein profeet. 



Hy het vir omtrent 80 jaar lank aan Juda geprofeteer, en sy boek is vol verskeie profesieë.  Bo en behalwe die profesieë oor God se regspraak oor sy mense omdat hulle van Hom weggedraai het, handel dit ook oor God se verlossing en bevryding deur 'n Verlosser, Jesus Christus. Ons vind die volledigste prentjie van Jesus in die hele Ou Testament deur profesieë (of voorspellings) in hierdie boek. 



In Jesaja 7 het hy geprofeteer dat die geboorte van hierdie kind God se teenwoordigheid sou uitbeeld. Die kind sou Immanuel genoem word, wat "God met ons" beteken. Twee hoofstukke verder in Jesaja 9 vind ons een van die verstommendste profesieë oor hierdie kind, Jesus, wat die Messias is. Hy dui spesifiek in vers 6 aan wie Hy gaan wees:



Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee;

Hy sal heers,

en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God,

Ewige Vader, Vredevors.

Jesaja 9:5



Jesaja het die aankondiging oor Christus se geboorte 700 jaar gemaak voor Jesus na die wêreld sou kom. Is dit nie wonderlik nie? Hy het 'n woord van God ontvang, 700 jaar voordat dit volbring sou word! Bowendien sou die kind ook die heerser van die wêreld wees en Hy sou die name hê wat net aan God toegeken word — Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors.



Ons sal verder in hierdie leesplan meer leer oor die name wat in Jesaja 9 aan Jesus gegee is. Ons sal sien dat dit meer as net name is — dit is inderwaarheid beskrywings van sy karakter! Jesus Christus, die Messias en Verlosser van die wêreld, is waarlik ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

In Jesaja 9:6 sien ons dat Jesus ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors is. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons die koms van Jesus vier deur meer oor sy verskillende name te leer, sowel as oor hoe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid