Leesplan inligting

Aan Ons: Vier die Koms van JesusVoorbeeld

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

DAG 2 VAN 5

Wonderbare Raadsman



Omdat ons onvolmaakte volgelinge van Jesus is, het ons almal hulp nodig om op 'n manier te leef wat God verheerlik. Almal van ons het wyse raad nodig wat ons besluite help rig. Gelukkig vertel Jesaja 9:6 ons dat Jesus ons Wonderbare Raadsman is. Dit word soos volg in die oorspronklike Hebreeus gedefinieer:



Wonderbaar — pele'

Om iets te bewonder, of jou te verwonder aan iets buitengewoon of moeilik verstaanbaar



Raadsman — ya'ats

Om advies te gee, te konsulteer, raad te gee, te beraad, te bedink, te beplan



Wanneer ons hierdie twee definisies bymekaarsit, sien ons dat Jesus gebore is met 'n bonatuurlike vermoë om die wonderlikste raad en advies denkbaar te gee. 



Alhoewel dit vir ons moeilik mag wees om sy wonderlikheid te begryp, is daar niks wat Hy nie verstaan nie. Selfs op die jong ouderdom van 12 jaar was almal wat na sy prediking in die sinagoge geluister het, verstom oor sy insig. Geen idee, konsep of brokkie kennis is bo sy begrip of te veel vir sy intellek nie. Hy is die volmaakte Messias en heilige Een wat ons van noodsaaklike raad voorsien. 



Hierdie wonderbaarlike verskynsel beskryf egter meer as net Jesus se wonderwerke — dit is wie Hy is. Ja, Hy doen wonderlike, buitengewone dinge ver bo ons begrip, maar Hy Self is die wonderbaarlike! Jesus is as beide God en mens gebore. Dit mag dalk moeilik wees om te peil, maar sy ingang van die hemel af, reguit die wêreld in, was 'n verstommende wonderwerk.



Dink aan een of twee areas in jou lewe waar jy werklik hulp of advies nodig het. Jy hoef nooit te dink, "Wel, ek sal nooit kleinkry wat om hier te doen nie." Die waarheid is dat Jesus nooit slegs die Wonderbare Raadsman is nie, Hy is jou Wonderbare Raadsman. Jesus se volgelinge het volkome toegang tot Hom en sy ontsagwekkende vermoëns. Ons hoef nie te hoop dat ons dinge sal regkry nie — ons kan die Een met buitengewone krag vertrou om in ons lewens vir ons raad te gee. 



Sy raad is geredelik aan ons beskikbaar deur die Bybel en wanneer ons met Hom tyd deurbring. Wanneer ons van Hom, sy karakter en sy weë leer, sal ons sy leiding en rigtingwysing in ons lewens herken. Ons Wonderbare Raadsman is gereed en gewillig om ons in elke area van ons lewens te lei. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

In Jesaja 9:6 sien ons dat Jesus ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors is. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons die koms van Jesus vier deur meer oor sy verskillende name te leer, sowel as oor hoe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid