Leesplan inligting

Rig Jou Gees AfVoorbeeld

Train Your Spirit

DAG 7 VAN 8

Eet Elke Dag die Woord van God!



Jesus is die Seun van God en tog het Hy geweet dat Hy in sy Vader se huis moet wees om van die Woord van God te leer.



Net soos ons gesonde liggame sal kry as ons gesonde kos eet, is die Woord van God soos gesonde kos vir ons harte. Ons voel dalk nie so honger soos wanneer jou maag kos nodig het nie, maar ons gees moet gevoed word. Om die Bybel te lees en na te dink oor wat ons gelees het, sal ons harte sterker en sterker maak!



Gesels daaroor: Wat is jou gunsteling peuselhappie? Vertel vir iemand wat jou gunsteling tyd is om aan die Woord van God te peusel deur die Bybel te lees. Dit kan in die oggend, na skool, teen slaaptyd of enige ander tyd wees!



Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Train Your Spirit

Wanneer jy ja sê vir Jesus, dan kies jy om Hom die leier van jou HELE lewe te maak! Maar hoe kom jy nader aan Hom? Jy moet jou gees afrig. Hierdie leesplan sal jou daarmee help!

Ons wil graag vir LifeKids.tv bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid