Leesplan inligting

Rig Jou Gees AfVoorbeeld

Train Your Spirit

DAG 6 VAN 8

Leun nader en luister!



Wanneer ons die tyd afstaan om te luister, praat God met ons! Om stiltetyd alleen met God deur te bring mag dalk vervelig klink, maar dit kan die teenoorgestelde wees! Jy kan met God 'n verbintenis maak terwyl jy met enigiets besig is, wat jou ore toelaat om ingestel te wees sodat jy hoor wanneer God met jou praat. Dit kan wees terwyl jou fiets ry, loop, rus, swem, swaai, op 'n trampolien spring of enigiets wat jou toelaat om op God te fokus!



Wanneer ons iets prysgee sodat ons beter na God kan luister, mag dit voel asof ons iets verloor. God gee ons egter BAIE meer terug as wat ons prysgee.



Maak 'n Bybel Verband om jou te herinner aan Johannes 3:30 en kyk dan na die Vers Beweging video sodat jy dit met jou vriende kan deel!



Bybel Verband



  1. Vra of jy 'n kleefverband en 'n pen kan kry.

  2. Skryf die hele Johannes 3:30 op die kleefverband. Gebruik twee indien die vers nie op een inpas nie.

  3. Plak die kleefverband op jou arm of been.

  4. Sê die geheuevers elke keer op wat jy daarna kyk.

Gesels daaroor: Hoe kan die dinge wat jy graag wil hê minder belangrik word sodat God vir jou meer belangrik kan word?



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Train Your Spirit

Wanneer jy ja sê vir Jesus, dan kies jy om Hom die leier van jou HELE lewe te maak! Maar hoe kom jy nader aan Hom? Jy moet jou gees afrig. Hierdie leesplan sal jou daarmee help!

Ons wil graag vir LifeKids.tv bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid