Leesplan inligting

Rig Jou Gees AfVoorbeeld

Train Your Spirit

DAG 2 VAN 8

Nader al nader!



Wanneer ons kies om nader aan God te kom, sal Hy op ons reageer deur selfs nog nader aan ons te kom. Hoe nader ons aan Hom kom, hoe beter sal ons Hom ken! Hoe beter ons Hom ken, hoe nader is ons aan Hom!



Dit mag dalk vreemd klink om te dink om met God 'n verbintenis te maak. Daar is egter dinge wat ons kan doen om ons te help om die verbintenis te maak! God het vir ons 'n liggaam en denke gegee om te kan kies om nader aan Hom te kom.



In hierdie leesplan sal ons leer hoe om met God 'n verbintenis te maak sodat ons meer soos Jesus kan wees!



Speel Bybelvers Soektog om jou te help om Jakobus 4:8 te onthou, kyk dan na die Vers Beweging video sodat jy dit met jou vriende kan deel!



Bybelvers Soektog



  1. Skryf die hele Jakobus 4:8 op 5 verskillende stukkies paper neer.

  2. Frommel die papier in balletjies.

  3. Vra vir iemand om die balletjies oral in die huis weg te steek.

  4. Kyk hoe vinnig jy al vyf papiertjies van Jakobus 4:8 kan kry!

Gesels daaroor: Wat gebeur wanneer ons besluit om nader aan God te beweeg?



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Train Your Spirit

Wanneer jy ja sê vir Jesus, dan kies jy om Hom die leier van jou HELE lewe te maak! Maar hoe kom jy nader aan Hom? Jy moet jou gees afrig. Hierdie leesplan sal jou daarmee help!

Ons wil graag vir LifeKids.tv bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid