Leesplan inligting

Rig Jou Gees AfVoorbeeld

Train Your Spirit

DAG 1 VAN 8

Kom in sinchronisasie met God.



Ons is geskep om met God in 'n verbintenis te wees. Net soos wat 'n blaar uitdroog en doodgaan wanneer dit nie aan 'n tak verbind is nie, sal ons gees slegs lewendig bly wanneer dit in verbintenis met Jesus is. Ons maak nie net partykeer of net by die kerk 'n verbintenis met Jesus nie. Wanneer ons ja sê vir Jesus, kies ons om Hom die leier van ons HELE lewe te maak.



Jesus wil ons HELE menswees hê. Net soos in die speletjie — Volg die Leier — beteken om Jesus te volg, om elke beweging van Hom na te maak, om te gaan waar Hy gaan, te doen wat Hy doen, om te lewe soos Hy lewe en om lief te hê soos Hy liefhet. Om in 'n verbintenis met Hom te wees sal ons help om dit te doen!



Gesels daaroor: Op watter maniere kan jy jou aan Hom verbind of in sinchronisasie met God kom?



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Train Your Spirit

Wanneer jy ja sê vir Jesus, dan kies jy om Hom die leier van jou HELE lewe te maak! Maar hoe kom jy nader aan Hom? Jy moet jou gees afrig. Hierdie leesplan sal jou daarmee help!

Ons wil graag vir LifeKids.tv bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid