Leesplan inligting

Die Heilige GeesVoorbeeld

The Holy Spirit

DAG 7 VAN 8

Wat is die gevolg daarvan om met die Gees vervul te word?



Dit laat ons in ons verhouding met Jesus groei sodat ons herskep word om meer soos Hy te wees. Dan kan ons vrugte van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing dra.



Wat sou God se oorspronklike doel gewees het om mense te skep — nie net mense in die algemeen nie, maar in besonder vir jou en my? Wat het God in gedagte gehad?



Ons lees in Genesis 1:27a: "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep." God het ons dus geskep om soos Hy in liefde en heiligheid te wees en namens Hom vir die wêreld te sorg.



Ons leer selfs nog meer in die Nuwe Testament, die gedeelte van die Bybel wat met Jesus se geboorte begin. Ons ontdek dat Jesus van Nasaret, God is, en dat Hy die ware beeld van God en soos God is.



Ons lees in die Nuwe Testament, dit wat ons in Genesis gelees het dat ons as beeld en soos God geskape is, ook beteken dat ons as die beeld en soos Jesus geskep is. Ons is dus geskep om soos Jesus, wat ook God is, te wees.



As ons dus al hierdie legkaartstukkies bymekaar bring, sien ons dat die mens geskep is om in hierdie wêreld soos Jesus te wees.



Wat 'n ontsaglike taak! Hoe op aarde gaan ons dit regkry?



Dit is presies hier waar die Heilige Gees ter sprake kom.



Toe Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy aan ons die Heilige Gees gegee om God se doelwitte in die wêreld tot uitvoering te bring. Die Heilige Gees reinig ons nie net van ons sonde nie. Hy bring ons nie net in 'n verhouding met Jesus nie. Die Heilige Gees vul ons met die lewe en krag van God om ons meer soos Jesus te maak.



In die brief aan die Galasiërs, gee Paulus ons 'n lys van Jesus se karaktereienskappe wat die Heilige Gees aan ons wil gee: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.



Jy kan nou 'n paar oomblikke gebruik om jou lewe te ondersoek en jouself af te vra of jy elk van hierdie vrugte van die Gees ten toon stel. By die eienskappe waar jy kortkom, kan jy God uitnooi om jou deur die Heilige Gees te verander sodat jy meer soos sy Seun, Jesus kan word.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Holy Spirit

Feed se Kategismus bestaan uit 'n reeks vrae en antwoorde wat individue help om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid