Leesplan inligting

Die Heilige GeesVoorbeeld

The Holy Spirit

DAG 1 VAN 8

Wie is die Heilige Gees?



Die Heilige Gees is die derde Persoon in die Drie-Eenheid, met gelyke krag en heerlikheid as die Vader en die Seun.



Voel jy ooit alleen? Voel jy of God baie ver van jou af is en nie eens oplet waardeur jy gaan nie?



Wel, die waarheid is dat Hy beslis weet.



Toe Jesus na sy opstanding hemel toe opgevaar het, het Hy nie sy volgelinge of vir ons alleen agtergelaat nie. Hy het sy Gees, die Heilige Gees, gestuur om in ons midde en ons harte te kom woon. Jesus het ook belowe dat die Heilige Gees ons nooit sal verlaat nie. Hy is altyd by ons. Altyd toeganklik. Deur Hom kry ons altyd toegang tot die liefdevolle, reddende, genesende, kragtige teenwoordigheid van God.



Die Bybel sê die volgende oor die Heilige Gees:




  1. Hy is God, die derde Persoon in die Drie-Eenheid.

  2. Hy is die Gees van Jesus wat Jesus na ons gestuur het toe Hy hemel toe opgevaar het.

  3. Hy is altyd by ons.

  4. Hy gee aan ons verlossing en heiligmaking.

  5. Hy gee ons die krag om sonde en vrees te oorwin.

  6. Hy gee ons die krag om getuies van Jesus in die wêreld te wees.


Jy kan nou tyd inruim om te lees en na te dink oor wat die Nicea Geloofsbelydenis oor die Heilige Gees sê:



"Ons glo in die Heilige Gees, die Heer, die Gewer van lewe.



Hy kom voort van die Vader en die Seun en moet saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik word. Dit is Hy wat deur die profete gepraat het."



Staan dan ook vandag tyd af om te bid en God te vra om jou meer en meer met die Heilige Gees te vul.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Holy Spirit

Feed se Kategismus bestaan uit 'n reeks vrae en antwoorde wat individue help om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid