Leesplan inligting

Die Heilige GeesVoorbeeld

The Holy Spirit

DAG 5 VAN 8

Hoe help die Heilige Gees ons om die Bybel te verstaan?



Die Heilige Gees lei ons in die waarheid deur vir Jesus te ontmoet wanneer ons die Bybel oopmaak.



Het jy al ooit gewonder waarom God die Heilige Gees aan ons gestuur het? 



God gee aan ons die Heilige Gees om ons van ons sonde te reinig. Hy gee ons ook die Gees sodat ons vir Jesus kan leer ken. 



Een van die belangrikste maniere hoe die Heilige Gees ons help om vir Jesus te leer ken, is deur die Bybel. As ons die Heilige Gees in gebed vra om ons te lei en ons Bybels en harte oopmaak, belowe God dat die Heilige Gees ons sal help om Jesus te leer ken.



Dit is die werk van die Heilige Gees. Hy getuig van Jesus.



Tog wil die Heilige Gees ons verkieslik deur die Bybel van Jesus leer. Dit is ook vir baie Christene 'n uitdaging. Ons wil die Heilige Gees ervaar. Ons wil vir Jesus ken. Dis egter vir ons moeilik om tyd in te ruim om die Bybel te lees. As jy egter 'n standvastige verhouding met Jesus wil hê, moet jy jou daartoe verbind om gereeld die Bybel te lees. Die ironie is, hoe meer tyd jy in die Woord van God deurbring, hoe meer tyd wil jy daarin deurbring omdat jy ontdek hoeveel wysheid en bemoediging dit bevat.



Bring dan nou tyd in gebed deur en vra God om jou 'n begeerte, 'n honger na sy Woord te gee. Vra Hom om sy Woord lewend in jou lewe te maak.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Holy Spirit

Feed se Kategismus bestaan uit 'n reeks vrae en antwoorde wat individue help om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid