Leesplan inligting

Die Heilige GeesVoorbeeld

The Holy Spirit

DAG 6 VAN 8

Wat beteken dit om met die Gees vervul te wees?



Om met die Gees vervul te word is 'n ervaring van God se krag en lewegewende liefde wat ons daartoe beweeg om te aanbid en te gehoorsaam.



Raak ons ooit stil om te vra: "Waarom het God aan ons die Heilige Gees gegee?" Dalk meer spesifiek: "Wat is die doel van die geestelike gawes?"



Beteken dit omdat die Heilige Gees in jou is, kan jy nou wonderwerke doen, in vreemde tale praat, dalk selfs iemand genees? Moontlik, maar moontlik ook nie. Ja! Wonderwerke gebeur nog en jy is dalk 'n getuie van 'n wonderwerk wat gebeur het. Wonderwerke is egter nie die hoofrede waarom God ons met die Heilige Gees vervul nie.



God vervul ons met die Heilige Gees om ons van ons sonde te reinig. Hy vul ons ook met die Heilige Gees sodat ons 'n verhouding met Jesus, sy Seun, kan hê en daardeur in heiligheid toeneem. Laastens vul God ons met die Heilige Gees sodat ons getuies van Jesus in hierdie wêreld kan wees.



Om met die Heilige Gees vervul te wees, is 'n wonderlike, lewegewende ervaring. Die Gees vul ons met die krag van God! Hierdie krag van God help ons om in ons verhouding met Jesus te groei, ons sonde te oorkom en die goeie nuus oor Jesus met die wêreld te deel.



Deur die Heilige Gees word ons ook met liefde vir God vervul. Die liefde van God beweeg ons dan nie net om vir God lief te wees nie, maar ook vir ander mense. Ons word vervul met 'n diepe verlange om God te aanbid. Ons word ook gevul met die diepe begeerte om ander lief te hê.



Dit is die rol van die Heilige Gees! Die doel van sy gawes is om ons verhouding met God te versterk en te verdiep en ons die vermoë te gee om hierdie liefde met die wêreld te gaan deel.



Vra vir God om jou meer en meer met die Heilige Gees te vul sodat jy Hom en ander elke dag nog liewer kan kry. Vra Hom ook hoe jy Hom deur die gawes van sy Gees aan die mense om jou kan vertoon.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Holy Spirit

Feed se Kategismus bestaan uit 'n reeks vrae en antwoorde wat individue help om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid