Leesplan inligting

Wie is die Heilige Gees?Voorbeeld

Who Is the Holy Spirit?

DAG 6 VAN 6

REG SO, Heilige Gees, Kom Ons Doen Dit


Nou weet jy dat die Heilige Gees God is wat in jou woon, in jou gedagtes inspreek en jou nader aan Hom lei. Hy is altyd besig om jou aan te moedig om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die Goddelike ding. Hy is hier om jou te help om besluite te neem en dinge te doen wat die wêreld sal verander.


Dink net: as jou hele geslag na die Heilige Gees se stem begin luister en doen wat Hy ook al sê, hoe sal jou skool dan lyk? Hoe anders sou jou gesin wees? Onthou dat dit die Heilige Gees se werk is om God se plan vir ons te wys — en nie net vir ons nie, maar ook vir die wêreld. Dit geld ook vir jou broers en susters, jou vriende, jou bure en daardie meisiekind in jou klas wat jy nie kan verdra nie — dis vir hulle almal se onthalwe dat jy moet luister, sodat hulle God deur jou kan ontmoet.


As jy die wêreld gaan verander, moet jy eers toelaat dat die Heilige Gees jou verander. Daardie verandering vind elke dag bietjie-vir-bietjie plaas terwyl jy doen wat Hy van jou vereis. Hoe begin jy? Goeie vraag. En ons belowe, dis nie moeilik nie. Vra net twee vrae.


1. Heilige Gees, is daar enigiets wat ek sonder U probeer doen?


Dink vir 'n minuut daaroor. Laat dit insink. Is daar enigiets wat jy probeer doen sonder om na die Heilige Gees te luister? Sou Hy iets verander as jy sy raad vra? Is daar iets waaroor jy skuldig voel en nie wil hê dat God moet sien nie?


Ons praat egter nie net oor skuldige gevoelens nie. Is daar enigiets wat jy meer effektief kan doen as God jou help? Is daar ongeregtighede rondom jou wat jy kan regstel? Dit lei ons na die volgende vraag …


2. Heilige Gees, is daar enigiets wat U sonder my doen?


Voel jy hoe gewigtig hierdie vraag is? Net soos die radiogolwe wat musiek in jou motor laat speel, is God altyd aan die werk. Hy verkondig sy plan regoor die aarde. As jy op Hom ingestel is, sal jy die wêreld deur sy oë sien. Wie het bemoediging nodig? Waar kan jy jou hulp aanbied? Wat kan jy verander?


As jy elke dag met hierdie twee eenvoudige vrae begin, kan jy die koers van jou lewe verander. God het jou met 'n doel geskape, en Hy het jou gemaak om sy stem te hoor. Waarheen lei sy stil, sagte stem jou? Die Heilige Gees maak die pad voor jou gelyk en daag jou uit om Hom te volg na die unieke, uitdagende lewe wat God net vir jou beplan het.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Who Is the Holy Spirit?

Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die Goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keus...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid