Leesplan inligting

Wie is die Heilige Gees?Voorbeeld

Who Is the Holy Spirit?

DAG 4 VAN 6

Die Heilige Gees Is Altyd Beskikbaar


Was jy al ooit jaloers op Jesus se dissipels? Hy het elke aand saam met hulle aan die etenstafel gesit. Hulle het oral saam gegaan. Hulle kon Hom enigiets vra. As Hy enigiets gesê het wat hulle nie verstaan het nie, kon hulle net aan Hom raak en vra wat Hy bedoel het. Jesus was egter beperk deur sy menslike liggaam. Hy moes nog eet, slaap en badkamer toe gaan. Soms het Hy selfs vir almal weggekruip, net om tyd alleen saam met God deur te bring.


Daardie eerste dissipels kon regtig net hulle hande uitsteek en aan God raak. Dis maklik om jaloers te wees, want Jesus was 'n werklikheid vir hulle. Terwyl Hy voorberei het om die aarde te verlaat, het Hy vir sy volgelinge gesê dat hulle in 'n beter posisie sou wees, omdat Hy die Heilige Gees vir hulle sou stuur. In plaas daarvan om Jesus te soek om 'n vraag te vra, sou die Heilige Gees in hulle woon. Hy sou te eniger tyd vir enige rede beskikbaar wees. Dink net aan Hom en Hy is daar. Het jy leiding nodig? Voel jy verward? Wonder jy wat jy moet doen? Vra net, Hy sal hoor.


Ons verhouding met God is nie beperk nie. Dieselfde toegang na God, deur die Heilige Gees, is aan ons belowe. Hy leef binne-in ons en Hy spreek in ons gedagtes, ons emosies, ons drome en ons passies.


Verbeel jou God wou iets in jou skool doen. Hy sou dalk begin deur stukkies van sy plan deur middel van die Heilige Gees aan verskeie mense bekend te maak. Hulle ken mekaar dalk nie eens nie, of gaan nie na dieselfde kerk toe nie, maar elkeen luister na die Heilige Gees en doen wat Hy sê. Stukkie-vir-stukkie maak Hy 'n plan van aksie bekend wat sal doen wat God wil hê moet gebeur. Op sy eie tyd sal al die stukke bymekaar kom en God se plan sal in plek val.


Die boek van Handelinge is vol van sulke stories waar die Heilige Gees die regte mense op die regte tyd bymekaar gebring het om iets spesiaals te laat gebeur. In werklikheid is die geleenthede so onbeperk soos God self, omdat die Heilige Gees in elkeen van ons woon. Ons werk is net om na daardie sagte stem in ons koppe te luister en ons bes te doen om dit te gehoorsaam.


Maar, wag 'n bietjie, hoe weet ek dat die stem wat ek hoor, regtig God is? Goeie vraag. Ons gaan môre daaroor praat.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Who Is the Holy Spirit?

Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die Goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keus...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid