Leesplan inligting

Wie is die Heilige Gees?Voorbeeld

Who Is the Holy Spirit?

DAG 1 VAN 6

Wie Is Die Heilige Gees?


Stel jou dit voor: jy is op reis en jy blaai ingedagte deur Instagram en luister na blêrende musiek deur jou oorfone. Skielik verloor jy die selfoonverbinding. Ja-nee, Spotify hou op werk, die musiek hou op speel, jou foon vries en dis net jy en jou gedagtes. Geen musiek nie. Geen selfoonboodskappe nie. Te midde van hierdie tegnologiese woestyn, onthou jy dat die motor 'n radio het. Met die druk van 'n knoppie is daar weer musiek.


Radio's voel soos toorgoed. Op verlate plekke waar slimfone nikswerd is, kan 'n betroubare motorradio die onsigbare seine oral optel en die stilte met musiek verbreek. Met die druk van 'n knoppie kan jy vir Steve Hofmeyer of Corlia hoor. Selfs 'n bietjie Klipwerf Boereorkes — dalk nie. Geen aflaai aksie is nodig nie. Geen dooie batterye is 'n probleem nie. Net stemme wat uit die lug getrek word.


Die Heilige Gees voel ook amper soos toor, selfs 'n bietjie spookagtig. Hy is oral. Hy hou jou nou dop terwyl jy hier lees. Vreemd, nè? Die lug rondom jou is gevul met die onsigbare stem van God, en net soos 'n radio, is jy gemaak om dit te hoor en sy gedagtes aan ander oor te dra, in jou eie woorde en dade.


Die meeste mense mis dit, maar God wil met jou praat. Verstaan jy dit? Hy wil met jou praat, en Hy het jou gemaak om sy stem te hoor. Gewoonlik praat Hy nie in 'n hoorbare stem nie, sy stem kom van binne-af. Dit verg oefening om te leer hoe om jou gedagtes te skei van sy stem en verskillende mense hoor Hom op verskillende maniere.


Soms klink die Heilige Gees soos gedagtes in jou kop. Soms gee Hy vir jou 'n geestelike prentjie. Ander kere kry jy 'n droom wat anders voel as die gewone drome. Die meeste kere praat Hy deur dele van die Bybel vir jou uit te lig — Hy herinner jou aan 'n vers wat jy gelees het en help jou om dit op 'n nuwe manier te verstaan.


Toe Jesus belowe het dat Hy ons nooit sou verlaat nie, was die Heilige Gees die vervulling van daardie belofte. Wanneer jy 'n Christen word, kom woon die Heilige Gees in jou. Ons word sy woning. As Hy dus praat, kom sy stem van binne af. Dalk het jy al lankal sy stem gehoor en dit nie herken nie.


Wanneer jy dus deur die lewe beweeg en jou reis jou na 'n donker plek lei, waar jy alleen en verlore voel, onthou dat jy nooit alleen is nie. Selfs al werk niks nie, is die Heilige Gees daar by jou. Met net 'n gedagte kan Hy lewe, hoop, sterkte, vreugde en bemoediging aan jou en oor jou spreek. As jy leer om aandagtig te luister, kan Hy jou help om sommige donker plekke te vermy.


Oor die volgende paar dae gaan ons leer wie die Heilige Gees is en hoekom dit onmoontlik is om 'n Goddelike lewe sonder Hom te lei.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Who Is the Holy Spirit?

Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die Goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keus...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid