Leesplan inligting

Wie is die Heilige Gees?Voorbeeld

Who Is the Holy Spirit?

DAG 2 VAN 6

 Is Die Heilige Gees En God Dieselfde?


Voordat ons te diep delf in hoe die Heilige Gees ons kan help, kom ons bestee tyd om uit te vind wie Hy eintlik is. Waar kom Hy vandaan? Is Heilige Gees net nog 'n naam vir God? Hoe verskil Hy? Dis almal goeie vrae.


Dink so ver terug in die verlede soos jy kan. Voor die aarde daar was. Voor die heelal daar was. God was toe al daar. Hy was egter nie alleen nie. Wel, nie eintlik nie.


God het drie verskillende gestaltes. Daar is God die Vader, of net God, kortweg genoem. Dan is daar Jesus, God se seun. En daar is die Heilige Gees. Snaaks genoeg, al drie is verskillend, maar hulle is almal 100% God. Elkeen beeld God se natuur op 'n unieke manier aan ons uit, maar geeneen is groter as die ander nie. In die Christendom staan hierdie drie-in-een konsep formeel bekend as die Drie-eenheid.


Wanneer jy jou Bybel lees, kan dit voorkom asof Jesus eerste op die toneel verskyn het, 2 000 jaar gelede, as 'n baba. Dan, van nêrens af, verskyn die Heilige Gees in die boek van Handelinge. Die Vader, Seun en Heilige Gees was egter van lankal af saam.


In Genesis, toe God alles gemaak het, was dit die Vader, Seun en Heilige Gees wat saamgewerk het. Jy mag dalk nou wonder: as hulle almal God is, vir watter rede is daar drie? Nog 'n baie goeie vraag.


Terwyl Jesus op die aarde was, was Hy slegs aan sy Vader gehoorsaam. Hy het niks op Sy eie gedoen nie, maar net dit wat Hy sy Vader sien doen het. Toe sy nuuskierige dissipels Hom gevra het om vir hulle die Vader te wys, het Hy gesê: "As julle my gesien het, het julle die Vader gesien." Hy het eintlik vir hulle gesê dat Hy God in 'n fisieke liggaam was. God die Vader het egter nie 'n fisieke liggaam nie, maar Jesus is God in 'n liggaam. Deur Jesus het God se liefde iets tasbaars geword wat mense kon sien en voel.


Jesus het 'n belofte gemaak kort voor sy tyd op aarde verby was. Hy het gesê dat dit beter vir sy volgelinge sou wees as Hy teruggaan hemel toe, want dan sou God die Heilige Gees stuur. Net soos Jesus die tasbare liggaam van God geword het, so het die Heilige Gees Homself openbaar as die wil van God wat binne-in ons leef.


Die Heilige Gees lei ons dus na die waarheid. Hy is God se wil wat te alle tye beskikbaar is, want Hy leef in jou as jy kies om Jesus te volg. Hy is die stem wat jou gedagtes met God se gedagtes vul. Intiem. Baie naby. Persoonlik.


In sy fisieke gestalte kon Jesus nie met mense omgaan op 'n gedagtevlak nie. Daarom het Hy gesê dat dit beter is as die Heilige Gees kom. Môre gaan ons oor Jesus se belofte gesels en wat dit vir jou beteken.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Who Is the Holy Spirit?

Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die Goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keus...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid