Soekresultate vir: I PETRUS 2:21-23

2 PETRUS 2:21 (AFR83)

Dit sou vir hulle beter gewees het as hulle die wil van God nie leer ken het nie as dat hulle dit wel leer ken het en daarna afgewyk het van die heilige gebod wat aan hulle oorgedra is.

1 PETRUS 2:23 (AFR83)

Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.

2 PETRUS 1:21 (AFR83)

want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

1 PETRUS 2:21 (AFR83)

Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

2 KRONIEKE 23:21 (AFR83)

Al die burgers van die land was bly. Die stad was rustig. Atalia was dood.

2 KONINGS 23:21 (AFR83)

Daarna het die koning die volk beveel: “Vier die paasfees tot eer van die Here julle God soos dit voorgeskryf is in hierdie boek van die verbond.”

2 SAMUEL 23:21 (AFR83)

Hy het ook 'n frisgeboude Egiptenaar doodgeslaan. Die Egiptenaar het nogal 'n spies in sy hand gehad, terwyl Benaja hom net met 'n stok gepak het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies van kant gemaak.

2 KONINGS 21:23 (AFR83)

Amptenare van koning Amon het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in sy paleis doodgemaak.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid