Soekresultate vir: Spreuke 31:10

SPREUKE 10:13 (AFR83)

Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het; slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.

SPREUKE 10:19 (AFR83)

Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig.

SPREUKE 10:29 (AFR83)

Om te leef soos die Here dit wil, is die krag van die opregte; vir dié wat onreg doen, wag daar ondergang.

SPREUKE 10:3 (AFR83)

Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.

SPREUKE 10:8 (AFR83)

Die mens met verstand aanvaar bevele. Wie aanhou onsin praat, kom tot 'n val.

SPREUKE 10:9 (AFR83)

Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.

SPREUKE 10:11 (AFR83)

Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

SPREUKE 10:26 (AFR83)

Soos asyn teen die tande, soos rook in die oë, so is 'n lui mens vir iemand wat hom 'n opdrag gee.

SPREUKE 10:16 (AFR83)

Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf.

SPREUKE 10:22 (AFR83)

Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie.

SPREUKE 10:24 (AFR83)

Wat die goddelose vrees, kom hom oor; wat die regverdige begeer, gee God hom.

SPREUKE 10:28 (AFR83)

Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie.

SPREUKE 10:31 (AFR83)

Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, 'n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.

SPREUKE 11:31 (AFR83)

Die regverdige kry hier op aarde wat hom toekom; net so seker die goddelose en die sondaar.

SPREUKE 30:31 (AFR83)

'n spoghaan; 'n bokram; en 'n koning met sy leër by hom.

SPREUKE 3:31 (AFR83)

Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie,

SPREUKE 24:31 (AFR83)

dit was heeltemal oortrek van die onkruid, toegegroei onder die bossies, en die klipmuur was omgeval.

SPREUKE 14:31 (AFR83)

Wie 'n arm mens verdruk, beledig sy Maker; wie hom oor 'n arm mens ontferm, eer God.

SPREUKE 15:31 (AFR83)

Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.

SPREUKE 21:31 (AFR83)

Perde kan afgerig word vir oorlog, maar dit is die Here wat die oorwinning gee.

SPREUKE 23:31 (AFR83)

Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie.

SPREUKE 16:31 (AFR83)

Ouderdom is 'n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.

SPREUKE 6:31 (AFR83)

en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee, selfs al kos dit hom alles wat hy besit.

SPREUKE 8:31 (AFR83)

Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my 'n vreugde.

SPREUKE 1:31 (AFR83)

Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid