Soekresultate vir: Spreuke 31:10

SPREUKE 31:7 (AFR83)

as so 'n mens drink, vergeet hy van sy armoede en dink hy nie meer aan sy moeilikheid nie.

SPREUKE 31:8 (AFR83)

Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan;

SPREUKE 31:20 (AFR83)

Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

SPREUKE 31:21 (AFR83)

Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.

SPREUKE 31:23 (AFR83)

Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.

SPREUKE 31:30 (AFR83)

Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

SPREUKE 10:17 (AFR83)

Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.

SPREUKE 10:21 (AFR83)

Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie; 'n dwaas gebruik nie sy verstand nie en bring die dood oor homself.

SPREUKE 10:30 (AFR83)

Die regverdige wankel nooit, die goddeloses sal nie die land bly bewoon nie.

SPREUKE 10:2 (AFR83)

Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God, red 'n mens van die dood.

SPREUKE 10:5 (AFR83)

Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; 'n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting.

SPREUKE 10:15 (AFR83)

Die rykdom is die ryke se veilige vesting; die armoede is die arme se ondergang.

SPREUKE 10:18 (AFR83)

Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat; wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.

SPREUKE 10:6 (AFR83)

Die regverdige word geseën. Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.

SPREUKE 10:20 (AFR83)

Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd.

SPREUKE 10:27 (AFR83)

Wie die Here dien, lewe lank; wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.

SPREUKE 10:32 (AFR83)

Die regverdige weet om die gepaste ding te sê; die goddeloses stig kwaad met wat hulle sê.

SPREUKE 10:4 (AFR83)

'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.

SPREUKE 10:10 (AFR83)

Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val.

SPREUKE 10:12 (AFR83)

Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.

SPREUKE 10:1 (AFR83)

Spreuke van Salomo. 'n Wyse seun maak sy vader en moeder bly; 'n dwase seun maak hulle hartseer.

SPREUKE 10:14 (AFR83)

Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie; as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

SPREUKE 10:23 (AFR83)

Die dwaas geniet dit om hom skandalig te gedra, maar die mens met insig geniet die wysheid.

SPREUKE 10:25 (AFR83)

As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen, maar die regverdige bly altyd staan.

SPREUKE 10:7 (AFR83)

Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort; die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid