Soekresultate vir: Filippense 1:3

FILIPPENSE 1:28 (AFR83)

en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God.

FILIPPENSE 2:3 (AFR83)

Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

FILIPPENSE 4:3 (AFR83)

Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.

FILIPPENSE 2:1 (AFR83)

Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing –

FILIPPENSE 4:1 (AFR83)

Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

3 JOHANNES 1:3 (AFR83)

Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe.

3 JOHANNES 1:7 (AFR83)

want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie.

3 JOHANNES 1:12 (AFR83)

Van Demetrius getuig almal net wat goed is, en ook die waarheid bevestig dit. Ons getuig dit ook, en jy weet dat ons getuienis waar is.

1 TESSALONISENSE 3:1 (AFR83)

Toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om alleen in Atene agter te bly.

3 JOHANNES 1:10 (AFR83)

Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente.

3 JOHANNES 1:13 (AFR83)

Ek moes vir jou nog baie dinge sê, maar ek wil dit nie skriftelik doen nie.

3 JOHANNES 1:14 (AFR83)

Ek hoop egter om jou binnekort te sien; dan kan ons persoonlik praat.

3 JOHANNES 1:1 (AFR83)

Van die oudste. Aan Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet.

3 JOHANNES 1:8 (AFR83)

Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.

3 JOHANNES 1:11 (AFR83)

Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie.

1 TIMOTEUS 3:1 (AFR83)

Dit is 'n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy 'n voortreflike werk.

1 TESSALONISENSE 3:5 (AFR83)

Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het en al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het nie.

1 JOHANNES 3:1 (AFR83)

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.

1 JOHANNES 3:4 (AFR83)

Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God.

1 JOHANNES 3:5 (AFR83)

Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te neem, en daar is geen sonde in Hom nie.

1 JOHANNES 3:10 (AFR83)

Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.

1 JOHANNES 3:11 (AFR83)

Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.

1 JOHANNES 3:13 (AFR83)

Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.

1 JOHANNES 3:14 (AFR83)

Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid