Soekresultate vir: Filippense 1:3

FILIPPENSE 1:24 (AFR83)

maar in julle belang is dit noodsaakliker dat ek bly lewe.

FILIPPENSE 1:26 (AFR83)

As ek weer by julle kom, sal julle oorvloedige rede hê om Christus Jesus oor my te prys.

FILIPPENSE 1:27 (AFR83)

Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie

FILIPPENSE 1:29 (AFR83)

God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.

FILIPPENSE 1:2 (AFR83)

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

FILIPPENSE 1:6 (AFR83)

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

FILIPPENSE 1:7 (AFR83)

Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan.

FILIPPENSE 1:15 (AFR83)

Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings.

FILIPPENSE 1:17 (AFR83)

maar eersgenoemdes maak Christus bekend uit selfsugtige en onsuiwere bedoelings. Hulle oogmerk is om die gevangenskap vir my nog swaarder te maak.

FILIPPENSE 1:21 (AFR83)

want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

FILIPPENSE 1:10 (AFR83)

sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,

FILIPPENSE 1:12 (AFR83)

Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het.

FILIPPENSE 1:19 (AFR83)

want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan.

FILIPPENSE 1:4 (AFR83)

In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal,

FILIPPENSE 1:20 (AFR83)

Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe,

FILIPPENSE 1:8 (AFR83)

God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart.

FILIPPENSE 1:9 (AFR83)

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

FILIPPENSE 1:18 (AFR83)

Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly. En ek sal my ook verder verbly,

FILIPPENSE 1:13 (AFR83)

Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek 'n gevangene is.

FILIPPENSE 1:16 (AFR83)

Laasgenoemdes verkondig Christus omdat hulle my liefhet en weet dat dit my taak is om die evangelie te verdedig;

FILIPPENSE 1:22 (AFR83)

As ek in die lewe bly, kan ek voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moet kies, weet ek nie.

FILIPPENSE 1:23 (AFR83)

Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;

FILIPPENSE 1:5 (AFR83)

omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie.

FILIPPENSE 1:11 (AFR83)

en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

FILIPPENSE 1:25 (AFR83)

Omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek sal bly, ja, vir julle almal behoue sal bly, sodat julle kan toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof kan hê.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid