Soekresultate vir: 2 Korintiërs 3:2

2 KORINTIËRS 1:6 (AFR83)

As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur.

2 KORINTIËRS 1:21 (AFR83)

God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder,

2 KORINTIËRS 5:12 (AFR83)

Ons prys onsself nie opnuut by julle aan nie. Ons gee julle juis eerder aanleiding om trots te wees op ons, sodat julle 'n antwoord kan hê vir dié wat trots is op die uiterlike en nie op die innerlike nie.

2 KORINTIËRS 5:14 (AFR83)

Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.

2 KORINTIËRS 5:19 (AFR83)

Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

2 KORINTIËRS 1:2 (AFR83)

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

2 KORINTIËRS 1:5 (AFR83)

want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus.

2 KORINTIËRS 2:5 (AFR83)

As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal, of, om nie te oordryf nie, ten minste 'n deel van julle.

2 KORINTIËRS 2:6 (AFR83)

Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg.

2 KORINTIËRS 4:10 (AFR83)

Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.

2 KORINTIËRS 4:11 (AFR83)

Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.

2 KORINTIËRS 4:15 (AFR83)

Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die genade van God steeds meer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer.

2 KORINTIËRS 5:4 (AFR83)

Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe.

2 KORINTIËRS 5:8 (AFR83)

Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

2 KORINTIËRS 6:12 (AFR83)

Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit.

2 KORINTIËRS 7:4 (AFR83)

Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap.

2 KORINTIËRS 1:10 (AFR83)

Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.

2 KORINTIËRS 1:24 (AFR83)

Ons wil nie as heersers voorskryf wat julle moet glo nie. Julle staan immers vas in die geloof. Maar ons wil medewerkers wees om julle geluk te bevorder.

2 KORINTIËRS 2:1 (AFR83)

Daarom het ek besluit ek kom nie weer na julle toe as my besoek op droefheid uitloop nie,

2 KORINTIËRS 2:13 (AFR83)

Tog het ek nie gemoedsrus gehad nie, omdat ek my broer Titus nie daar gekry het nie. Daarom het ek van die mense daar afskeid geneem en Masedonië toe vertrek.

2 KORINTIËRS 2:14 (AFR83)

Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur.

2 KORINTIËRS 11:6 (AFR83)

Al is ons miskien nie sulke gladde sprekers nie, in die kennis staan ons nie agter nie. Dit het ons julle tog by elke geleentheid en in alle opsigte laat sien.

2 KORINTIËRS 11:11 (AFR83)

Waarom nie? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet ek het julle lief.

2 KORINTIËRS 11:27 (AFR83)

Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.

2 KORINTIËRS 12:5 (AFR83)

Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid