Leesplan inligting

Hy Noem Ons Op Ons NameVoorbeeld

He Calls Us By Name

DAG 1 VAN 5

Die Een



Jesus is in 'n meedoënlose soeke na jou gewikkel. Hy wil jou vind en Hy wil hê jy moet Hom vind. Die Bybel sê daar is groot vreugde in die hemel wanneer ʼn sondaar tot bekering kom. Om tot bekering te kom, beteken om na God toe terug te keer en Hom om vergifnis te vra. Ons skiet almal tekort, maar dit hang van ons af om te erken dat ons ʼn Verlosser nodig het, en om na Hom toe terug te keer. Wanneer ons wel na Hom toe terugkeer, tel Jesus ons op asof ons klein lammertjies is, dra ons op sy skouers en plaas ons weer op die regte pad. 



Dit is soortgelyk aan ʼn ouer wat ʼn kind by ʼn temapark verloor. Hulle raak paniekerig en los die res van die gesin om desperaat na die verlore kind te soek. Dit is hoe Jesus oor ons voel. As jy verlore raak, is Hy desperaat om jou weer te vind en jou terug na Hom toe te bring. Jy is vir Hom die risiko werd. Die Bybel vertel ons dat die herder ʼn risiko neem om die ander nege-en-negentig agter te laat om die een wat weg is weer te vind. Dit is nie sy wil dat enigiemand verlore moet gaan nie. Hy wil jou vind en Hy wil hê jy moet Hom ook vind.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

He Calls Us By Name

Mense is baie soos skape. Net soos skape het ons ʼn herder nodig om ons op die voetpaaie van die lewe te lei. Jesus is ons goeie herder. Hy noem ons op ons name, lei ons uit slawerny, kom haal ons wanneer ons verlore raak...

More

Ons wil graag vir Laynie Travis bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.laynietravis.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid