Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 1 VAN 14

Geen Foute

Een van die gevaarlikste dinge wat jy as enkellopende Christen kan doen, is om jouself met ander te vergelyk. Net omdat julle saam op skool of kamermaats op universiteit was, beteken dit nie dat God dieselfde plan vir jou lewe het as vir jou vriende nie. Ons mors soveel tyd om onsself gedurig met ander mense te vergelyk. Hy/sy het die huweliksmaat wat jy altyd gedink het joune gaan wees of die werk wat jy seker was joune gaan wees; hulle het die droomhuis waarvan jy so baie hou. Dit voel vir jou of dit onregverdig is — totdat jy God se standpunt oorweeg en insien. God is oppermagtig oor alles. Daar is niks wat Hy nie kan doen nie en sy planne slaag altyd. Hy maak nie foute nie. Jy is waar jy vandag is, omdat God dit so beplan het. God is glad nie gepla oor jou enkelstatus nie en Hy weet presies wat jy nodig het en wanneer jy dit nodig het. Toe ek jonk was, het mense altyd gesê: "as jy nie God kan vertrou met die manier hoe Hy dinge doen nie, vertrou sy hart.” Die maklikste manier om God se hart te vertrou, is om te fokus op sy beloftes en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy dít regkry, gaan jy floreer.


Vrae: 

Met wie is jy in die versoeking om jouself mee te vergelyk? Is daar maniere hoe jy jouself kan beskerm teen die houvas wat afguns in jou lewe het?


Kom meer te wete oor hoe om as 'n enkellopende Christen te floreer by http://todayssinglechristian.com


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid