Leesplan inligting

Lig van die Wêreld - Advent OordenkingVoorbeeld

Light of the World - Advent Devotional

DAG 1 VAN 4

  



Inleiding



deur OneHope President Rob Hoskins



Miljoene, ontelbare Christene regoor die wêreld sal hierdie jaar Kersfees vier — net soos jy en jou gesin. 



Baie sal hierdie spesiale dag vereer met hulle gunsteling tradisies — soos kersliedere by kerslig en spesiale kerksangdienste. Ander sal die geboorte van die Verlosser vereer op maniere wat uniek is aan hul eie kultuur — deur geurige kosse te eet, moontlik fees te vier op 'n ander dag as 25 Desember, of selfs besprekings te maak by "Kentucky Fried Chicken!"



Terwyl jy hierdie opwindende oordenking lees, sal jy die geleentheid kry om saam met jou broers en susters van verre volke aan te sluit en fees te vier en uit hul unieke en kragtige perspektiewe en tradisies te leer.



Een so 'n tradisie is Advent — 'n pragtige simboliese viering wat tot Kersdag lei, en in baie lande 'n groot deel van die Kersfeesviering vorm. 



Dikwels word een kers elke Sondag vir vier weke aangesteek, wat gedurende Advent Christus as die "Lig van die Wêreld" uitbeeld. Elke kers simboliseer duisend jaar — wat die vier duisend jaar aandui wat die wêreld op die koms van die Messias gewag het. 




  • Week 1 — Hoop. Op hierdie Sondag, herinner 'n pers "Profetiese-kers" ons dat Jesus kom. 

  • Week 2 — Liefde. Op hierdie Sondag herinner 'n pers "Bethlehem-kers" ons aan Maria en Josef se reis na Bethlehem.

  • Week 3 – Vreugde. Op hierdie Sondag herinner 'n pienk "Herders-kers" ons aan die vreugde wat die wêreld ervaar het met die geboorte van die Verlosser.

  • Week 4 — Vrede. Op hierdie Sondag herinner 'n pers "Engel-kers" ons aan wat die engele in Lukas 2:14 belowe het — vrede op aarde.




Met hierdie Adventstruktuur glo ek dat jou geloof aangemoedig sal word as jy hierdie tydige en toepaslike boodskappe oor hoop, liefde, vreugde en vrede lees. 



Elke oordenking — geskryf deur OneHope bedienings-vennote wat in 'n verskillende deel van die wêreld dien — sal Skrif en insigte om oor te mediteer verskaf en jou en jou gesin help om Christus se koms op 'n vars nuwe manier te vier. 



Daarbenewens sal jy ook 'n paar spesifieke gebedsaansporings vind — beide vir jou en jou gesin, en ons wêreldwye bediening om kinders en jongmense met God se lewensveranderende Woord te bereik — asook prettige feite oor spesiale Kersfeestradisies in ander kulture. 



Dankie dat jy Advent — ​​en die geboorte van Jesus Christus — saam met my en gelowiges regoor die wêreld vier! Ek is dankbaar. 



God seën jou en jou gesin hierdie Kerstyd. Mag dit gevul wees met die hoop, liefde, vreugde en vrede wat Christus alleen kan bring.






  



Hoop



Die Flikkerende Lig



deur Hisho Uga, Streeksdirekteur van Asië en Japannese Skiereiland



“Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien?" Romeine 8:24.



My swaer is 'n dramaturg, en 'n paar jaar gelede het hy 'n toneelstuk geskryf oor drie volwasse susters wat mekaar te midde van moeilike omstandighede bemoedig. 



Ons hele gesin was vreeslik opgewonde om te hoor dat 'n landwye koerant die toneelstuk gaan resenseer — selfs nog meer toe ons lees wat hulle geskryf het:



“In hierdie toneelstuk flikker hoop soos 'n vuurvliegie.”



Dit was 'n pragtige resensie van die toneelstuk — maar ook 'n kragtige waarneming oor die aard van hoop. 



Hoop is nie 'n verblindende hooflig nie, maar eerder 'n flikkerende vlam. Nie 'n aardskuddende geluid nie, maar 'n sagte fluistering. 



Ons hoop is gebou op die beloftes in die Woord van God — beloftes dat sy heerlikheid die aarde sal vul soos water die see bedek ... al leef ons in 'n wêreld wat dikwels meer na donker as lig lyk. Veral as jy in plekke soos Japan woon waar daar min Christene is.



Die bewyse van hoop om ons kan baie klein wees. Soms glad nie sigbaar nie. Tog kan ons vertroosting vind in die feit dat Jesus — ons koning van Konings en Heer van Here — eendag, op die eerste Kersnag, as net 'n klein babatjie in 'n krip verskyn het. 



Kom ons koester gedurende hierdie Kersstyd die skoonheid van die flikkerende lig wat ons hoop is — in vertroue dat hierdie klein liggie die begin van 'n pragtige, kragtige daad van God sal wees.



Oordenkingspunt



Wat kan jy doen om 'n flikkerende vuurvliegie van hoop in 'n donker wêreld te wees? Op watter klein maniere wil God jou dalk gebruik om hierdie Kersfees 'n groot impak te maak?



Gebedsversoeke



Bid dat Hisho en ons ander OneHope-vennote wat in donker plekke regoor die wêreld dien, deur God gebruik sal word om herlewing aan te wakker en die lig van hoop op 'n kragtige manier laat skyn.



Bid dat die kinders van Japan sal ontdek dat die hoop van Kersfees nie in Kersvader gevind word nie, maar in Christus. Vra God om hul opgewondenheid vir die vakansie te gebruik om hierdie kosbare jongmense en hul gesinne na Hom toe te lei. 



Kersfees in Japan



Kersfees "beligting" is 'n baie gewilde besienswaardigheid by treinstasies, parke en ander openbare plekke wat deur tienduisende pragtig-gekleurde ligte verlig word. 



· Besprekings by "Kentucky Fried Chicken"! Dit mag dalk vreemd klink, maar dit is 'n baie gevestigde tradisie in Japan. KFC begin vroeg in Desember besprekings vir 'n ete neem — en slegs diegene wat reëlings getref het, kan 'n emmer hoender vir die vakansie kom haal!



· Kersfees is 'n vakansiedag vir paartjies (soos Valentynsdag). Jongmense gaan tipies op 'n afspraak en ruil geskenke met mekaar uit, eerder as om tyd saam met hul gesinne deur te bring. Dikwels ervaar diegene wat nie afsprake vir Kersfees het nie 'n groot gevoel van eensaamheid.



· Kersvader eerder as Jesus, is geneig om die hooffiguur gedurende hierdie tydperk te wees. Trouens, die meeste Japannese is nie bewus daarvan dat Kersfees eintlik 'n viering van Christus se geboorte is nie. Tog maak die opwinding en feestelikheid dit 'n wonderlike geleentheid vir uitreik — met openbare Kerskonserte, Kerssang en kerkgeleenthede. 



OneHope gee hierdie jaar kopieë van die Kersuitgawe van die "Book of Hope" aan studente by skool- en kerspartytjies by kerke uit.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Light of the World - Advent Devotional

Miljoene Christene regoor die wêreld gaan vanjaar Kersfees vier. Advent, 'n pragtig simboliese viering wat tot Kersdag lei, is in baie lande 'n groot deel van die Kersfeesvieringe. Terwyl jy hierdie opwindende Advent-oor...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid