Leesplan inligting

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus Voorbeeld

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

DAG 3 VAN 5

Dag Drie: Gee Uitdrukking aan jou Behoefte:



"Dankie, maar ek kan dit self doen."



Het jy al ooit 'n aanbod om hulp van die hand gewys, alhoewel jy dit regtig nodig gehad het? 



Soms is dit moeilik om te erken dat ons nie alles self kan doen nie. Al ons Kersfees voorbereidings lei soms tot uitputting en knorrigheid. Maar dieselfde selfgenoegsaamheid kan vir ons geestelike lewens dodelik wees. 



Die waarheid is dat ons Jesus nodig het. Ons lei dikwels ons lewens asof ons op ons eie kan regkom. Dit is eers wanneer ons tot stilstand kom om te besin oor die skoonheid van God — sy heiligheid, sy liefde en vriendelikheid, sy versoenende offer — dat ons besef hoe dringend ons Hom nodig het. Ons voel kwesbaar as ons erken dat ons 'n behoefte het, maar Jesus beloof dat diegene wat arm van gees is, wat sagmoedig van hart is, en wat dors na geregtigheid, beloon word met meer van God self. 



Dis net wanneer ons uitdrukking aan ons behoefte gee dat ons die heerlike rykdom van Christus Jesus, wat God vir ons voorberei het, kan ontvang. 



Die psalmdigter roep God se volk op om Hom te aanbid, te buig en te kniel voor hulle Skepper. Die Hebreeuse woord vir aanbidding beteken om plat uitgestrek te lê of neer te buig. Fisiek beteken dit om ons knieë te buig in erkenning van Jesus se heerskappy; geestelik beteken dit om alles wat ons is, oor te gee aan alles wat Hy is. 



Om op hierdie manier jou perspektief en prioriteite in pas te bring, is slegs moontlik wanneer ons eers tyd deurbring om God se grootheid te erken; aanbidding lei ons na 'n regte siening van God, wat op hul beurt ons dan na belydenis en bekering lei. 



Jesus illustreer dieselfde punt wanneer Hy Homself die wingerdstok, en sy dissipels die lote noem. "Sonder my, kan julle niks doen nie," sê Hy vir hulle. "Maar as julle in my bly […] sal julle vrugte dra." Dis verbasend dat Jesus ons nie geroep het om harder te werk om meer vrugbaar te wees nie; inteendeel, Hy roep ons om in Hom te bly en op Hom te wag. Diegene wat aan Hom verbind bly, sal van nature baie vrug dra, want sy Gees is die Een wat die vrugte produseer. 



Laat jou behoefte aan Jesus jou hierdie Kersfees na rus en kalmte bring. Daar is geen druk meer nie. Jy hoef dit nie alles op jou eie te doen nie. Trouens, jy moet net rus. 



Oordenkingsvrae: Hoe word jy beïnvloed deur die beeld van Jesus as die Wingerdstok? Watter ander name van Jesus lei jou om jou eie behoefte aan Hom te erken? Wat is een manier waarop jy jou behoefte aan Hom kan uitspreek en vandag in Hom kan rus? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook baie besig.  Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names...

More

Ons wil graag dankie sê vir Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://onethingalone.com/advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid