Leesplan inligting

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai NieVoorbeeld

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

DAG 1 VAN 7

Die Beste Nuus Op Aarde


Daar is twee maniere om te sê: "Dit gaan nie alles oor jou nie". Die een is 'n aanmaning, 'n vingerwysing. Daar is egter 'n ander manier om dit te sê en om te hoor: "Dit gaan nie net oor jou nie", en dit kan bevrydend wees. Die vriend wat jou verwerp het, die ouer wat jou seergemaak het, die werkgewer wat jou sleg gesê, die buurman wat onbeskof was met jou—dit alles gaan nie oor jou nie. Hulle gebrokenheid, hulle harde, krenkende woorde; niks daarvan het oor jou gegaan nie, maar gaan oor hulle. As jou huis nie so groot is soos jy dit graag wil hê nie, of jou bediening is nie so suksesvol nie, of jy is nie so welbekend nie, wees dan dankbaar dat dit nie oor jou gaan nie. Jou huwelik, jou roeping, jou lewe hier op aarde, niks daarvan gaan oor jou nie. Dit gaan alles oor God, van die begin tot die einde, en dit is van die beste nuus op aarde. 


Wanneer jy dinge oor jou laat gaan, wat nie oor jou gaan nie, is dit 'n vreeslike las. Inherent weet ons almal dat die lewe soveel beter sal wees as ons ophou om mense tevrede te stel, ophou om onsself met ander te vergelyk, ophou om op ons foute te fokus en ophou om oor verwerping te tob. As ons net 'n bietjie minder op onsself kan fokus en meer op God fokus, sal die las op ons skouers soveel ligter voel. Die uitdaging is hoe om dit te doen. 


Om die fokus van jouself af te haal en na God toe te skuif, is makliker gesê as gedoen. Ons gebroke mense se blik skuif van nature na ons innerlike en daarom is dit moeilik om van ydelheid ontslae te raak. Toe ek eers my eie selfbeheptheid kon raaksien—beide die aantrekkingskrag en die gevaar daarvan—het God my op 'n lang reis tot vryheid geneem. Hy het my geleer hoe om my fokus na Hom te verskuif en dit het letterlik my lewe verander. Toe ek eers die waarheid begryp het, dat die lewe nie oor my gaan nie, en my fokus na Christus verskuif het, was daar 'n lied in my hart, en ek kan nou nie ophou om met ander mense daaroor te praat nie. 


Uit eie ondervinding weet ek dat dit swaar is om ydelheid in die gesig te staar, maar dit is hoe ons die houvas breek. Dit is regtig die moeite werd! Mag God se lig op die verborge plekke in jou hart skyn en jou die moed gee om eerlik na jouself te kyk. 




Hoekom dink jy is dit bevrydend om te besef dat dit nie "oor jou gaan nie"?




Om meer oor "Free of Me" uit te vind, besoekhttp://sheworships.com/free-of-me-book 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra—God het ons eerder geroep om o...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://sheworships.com/free-of-me-book

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid