Leesplan inligting

VertroueVoorbeeld

Trust

DAG 1 VAN 4

Eksodus 14:14 Die mens sê: Ek raak so gefrustreerd om dit te laat gebeur. God sê: "Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg."



Josua 21:45 Die mens sê: Bemoedig my dat God sal doen wat Hy sê. God sê: "Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom."



Josua 23:8 Die mens sê: Ek glo nie dat ek langer kan uithou nie. God sê: "Julle moet aan die Here julle God getrou bly, soos julle tot nou toe gedoen het."



Spreuke 29:25 Die mens sê: Ek is bang om in die openbaar te praat. God sê: "As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig."



1 Timoteus 6:17-18 Die mens sê: Ek het slim belê. Ek is reg vir die lewe. God sê: "Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet."



Vertroue is 'n fundamentele deel van die Christelike geloof. Jou vertroue groei deur ontmoetings met God en deur na te dink oor sy Woord. As jy hierdie verse memoriseer, kan dit jou help om God al die dae van jou lewe te vertrou. Maak jou lewe beskikbaar om deur hierdie Skrifgedeeltes herskep te word as jy dit memoriseer!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Trust

Vertroue is 'n fundamentele deel van ons Christelike geloof. Jou vertroue groei deur ontmoetings met God en deur na te dink oor sy Woord. Die volgende verse, as jy dit memoriseer, kan jou deur al jou dae help om op God t...

More

Ons wil graag vir "MemLok, the Bible Memory System," bedank vir die voorsiening van die struktuur vir hierdie leesplan. Vir meer inligting aangaande MemLok, besoek: http://www.MemLoc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid