Leesplan inligting

Alles NuutVoorbeeld

All Things New

DAG 1 VAN 5

Die christelike lewe is gewis een van skynbare teenstrydighede. Wat vir Jesus belangrik is, is die teenoorgestelde van dit waaraan ons van nature vasklou. 


Die brief, 2 Korintiërs, is vol teenoorgesteldes. Dit is 'n brief oor die avontuurlike geloof, waar ons ten volle al ons hoop op God vestig, alhoewel ons eie krag en trots meer bekend is en ons amper altyd veiliger laat voel. Dit gaan oor blywende vrede diep in ons siele, wanneer ons sonde nie meer teen ons tel nie, omdat God sy Seun na die wêreld gestuur het en ons sonde op Hom geneem het. Paulus noem dit versoening. 


Toe Paulus in die vroeë 50's n.C. op die toneel verskyn het, was Korinte op die hoogtepunt van sy ontwikkeling. As 'n handels-episentrum in die suide van Griekeland, was Korinte vooruitstrewend en ryk en onder die invloed van 'n vermenging van die Romeinse en Griekse kulture. Die antieke Korinte het gespog met alles wat jy ooit kon begeer. Maar soos ons besef; wanneer jy alles kan kry wat jy begeer, beteken dit nie dat dit altyd is wat jy gedink het jy wou hê nie. 


Die rykdom van die Korintiërs se kultuur het ook sy negatiewe kant gehad, net soos in ons moderne stede. Prostitusie, slawerny en alle soorte seksuele verdorwenheid het daar voorgekom. Oral was daar valse gode. 


Hierdie brief is vir my so bemoedigend, want as die kerk in Korinte gewerk het, kan dit ook in alle plekke werk waar ek en jy woon. Ek gee toe dat ek soms dink ons wêreld is te vér heen wat mishandeling, rassisme en morele agteruitgang betref. As die evangelie van Jesus Korinte se prostitute, skatrykes, heidene en leiers in die sinagoges kon verander, kan die goeie nuus van Jesus Christus ook die mense vandag in ons stede verander. Alhoewel ek soms dink dat ons God se mense net in 'n godsdienstige omgewing kry, was sy mense ook in Korinte. Net soos Hy vir jou en my in die kulturele omgewing geplaas het waarin ons leef. In 2 Korintiërs word ons herinner dat God se kerk op sy helderste skyn in die donker, eerder as in die alreeds verligte heiligdomme.


Soos jy deur 2 Korintiërs lees, moet jy op die uitkyk wees vir teenoorgesteldes. Let op die manier waarop Paulus die Korintiërs onvoorwaardelik liefgehad het. Wanneer jy na die ooglopende verskille kyk, moet jy nooit vergeet dat jy bemagtig is om pragtig en onbeskaamd anders te leef nie, want — na Jesus se dood en opstanding — is die oue verby en het die nuwe aangebreek. Toe ek laas gekyk het, was oud en nuut so teenoorgesteld as kan kom. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

All Things New

In hierdie reis deur die boek 2 Korintiërs, verken "Alles Nuut" Paulus se teologie van avontuurlike geloof in hierdie wêreld en God se roeping vir ons om dapper te wees. Kelly Minter help ons om te verstaan hoekom die C...

More

Ons wil graag LifeWay Women bedank wat hierdie plan voorsien het. Besoek asseblief http://www.lifeway.com/allthingsnew vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid