Leesplan inligting

Prioriteit nommer éénVoorbeeld

Prioriteit nommer één

DAG 1 VAN 7

Gebed is nie kitskoffie nie

Dis maklik om na God te roep in ’n uur van nood. Selfs ongelowiges gryp dikwels na Hom in hul sterwensuur. Om egter net in krisistye na Hom te gryp, is om van gebed ’n vinnige noodplan te maak! Dis wanneer gebed vir ons soos goedkoop kitskoffie is. Ons gooi ’n paar korrels help-gou-hier-woorde na God se kant toe en hoop dat Hy ’n skuimende koppie suiwer, aanskoulike cappuccino aan ons sal voorsit.

As ons eerlik met onsself is, sal ons erken dat ons gebedslewe met tye – veral in kommervrye voorspoedtye – taamlik flou is. Die prioriteite van die lewe trek ons so maklik weg van ons gebedskamer.

’n Lewendige gebedslewe is om jou ganse bestaan sáám met jou Vader te leef. Dis om daagliks jou hart voor sy troon te bring en toe te laat dat sy wil jou rig. Dis om jou as’t ware voor Hom bloot te stel en te sê: “Here, U is so groot. Ek is so swak, nietig en sondig. Daarom is ek totaal en al ontvanklik vir u teenwoordigheid. Neem my lewe en vul dit tot oorlopens toe vol met die ryk aroma van u heiligheid, genade en seën.”

Gebed is om die rykdom van God se heiligheid deur jou hele bestaan te laat vloei.

Jesus … hier is ek. Ontvang my, asseblief. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Prioriteit nommer één

Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed pri...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid