Leesplan inligting

AndersVoorbeeld

Different

DAG 1 VAN 5

Jou Ander Geloof


Stel jou voor jy is op 'n lang reis en ry teen 'n hoë spoed op 'n snelweg. Dan bereik jy padkonstruksie en ’n laer spoedgrens. Al is jou nuwe spoed waarskynlik vyf keer vinniger as wat jy ooit kan hardloop, voel dit of jy skaars kruip. Hierdie breinslenter is dieselfde rede waarom jy verblind voel wanneer jy 'n rolprentteater of donker kamer verlaat. Dit is hoekom ons seebene moet kry wanneer ons op 'n boot klim en hoekom ons dit nog het lank nadat ons afgeklim het. Stel jou nou voor dat jy 'n padwerker is. Daardie motors wat verbyry lyk glad nie stadig nie, of hoe? Perspektief en waaraan ons gewoond raak, bepaal hoe ons die lewe ervaar. 


My geloof is nie gebaseer op wat ek sien nie. My geloof is gebaseer op wie God is.


1 Petrus is 'n brief van een van Jesus se oorspronklike dissipels, die apostel Petrus, aan Christene in Klein-Asië, hedendaagse Turkye, wat ontwortel en vervolg is. Hy het geweet hierdie Christene leef in 'n wêreld wat soos 'n donker kamer is. Petrus het hierdie briewe met diep, persoonlike passie geskryf om hierdie Christene, en alle Christene wat ook vandag in onvriendelike plekke woon, te help om seebene te kry, rigting te vind en te leer om die oë op Christus gevestig te hou sodat ons aan Hom gewoond raak, nie die weë van hierdie wêreld nie. Craig Groeschel, senior pastoor van Life.Church, stel dit so: “My geloof is nie gebaseer op wat ek sien nie. My geloof is gebaseer op wie God is.” 


Terwyl jy 1 Petrus hoofstuk 1 lees, vra die Heilige Gees om jou te wys hoe jy met Petrus en hierdie vroeë Christene kan identifiseer. Is jou hoop stewig gevestig in wat Christus vir jou gedoen het? Of kyk jy na dinge, mense en jou kultuur om vrede, bevrediging en rigting te kry? Is jou geloof gebaseer op wat jy sien of op wie God is? Sien jy beproewinge as geleenthede om soos Christus te word of redes om Hom te verloën? 


Bid: Vader, gee my seebene wat stewig gewortel is in die hoop van u onmeetlike liefde en genade. Maak my gereed om uit die beproewinge van my lewe te leer. Gee my oë om nie net die wêreld om my te sien nie, maar wat U in my lewe en in my wêreld doen. Amen. 


Kyk na Different boodskappe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Different

Hierdie Life.Church leesplan is 'n studie van 1 Petrus wat pastoor Craig Groeschel se reeks, Different, vergesel. In hierdie wêreld sal jy worstel. Jy sal teenstand ondervind. Jy sal uitgedaag word. Daar is 'n rede daarv...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid