Leesplan inligting

Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS" Stellings van JesusVoorbeeld

The Book Of John | The 7 "Signs" And The 7 "I AM's" Of Jesus

DAG 6 VAN 7

“Genesing van die Man wat Blind Gebore is”


Ek is seker jy het ook al tot 'n mate die lewe in die donker ervaar. Ek het vele minder goeie herinneringe van hoe ek in die donker my pad na die yskas probeer vind, net om op elke legoblokkie en speelding te trap wat my kinders net daar gelos het. Om in die donker te loop, lei net tot meer pyn, en God weet dat 'n gebroke hart baie erger is as 'n toon wat jy teen speelgoed gestamp het.  


Blindheid is baie dieselfde. Dit is soos 'n gestampte toon. Dit verlam 'n mens op baie maniere terwyl dit terselfdertyd ander sintuie verskerp. Wat blindheid egter in werklikheid affekteer, is die hart van die persoon. 


In Jesus se wonderwerk van die genesing van 'n man wat blind gebore is, is die man genees en kon hy weer sien, nie om hom te red van die pyn van blindheid nie, maar eerder om aan hom die vreugde te openbaar van om gered te word. Jesus bevestig duidelik dat die man blind was "sodat die werke wat God doen, in hom gesien kan word”. Sy blindheid was nie om na sy pyn te verwys nie, dit was om hom wakker te maak en aan ander die heerlikheid en vreugde te wys wat net in God en te danke aan God se lig gevind kan word.


Dink na oor jou eie fisieke siektes en jou eie geestelike sondes en stryd. Dink na hoe dit jou hart en ook jou fisieke pyn veroorsaak. Oorweeg ook hoe dit deur ons Vader weerspieël en toegelaat word om tot 'n mate ongeskonde te bly om ons te herinner aan die duisternis wat in die wêreld is. Dink ook meer na oor die krag van lig en sig! Oorweeg ook om jou pyne te sien deur die krag van vreugde wat in God gevind word. In plaas daarvan om te fokus op wat jy nie het nie, kan jy jouself eerder anker aan God en alles wat Hy is. 


Lig is die enigste manier om duisternis te verdryf. Slegs die vreugde om Christus te aanbid, kan die sonde uit jou hart verdryf. Kom ons bid dat God ons fisiek genees, en diegene in ons lewe wat op verskeie maniere seer het, maar bid ten diepste dat God ons harte genees en die vreugde blootlê wat anderkant die pyn is.


 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Book Of John | The 7 "Signs" And The 7 "I AM's" Of Jesus

Johannes se evangelie kan in vier dele opgedeel word: 'n Inleiding (Johannes 1:1-18), die Boek van Tekens (1:19-12:50), die Boek van Verheerliking (13:1-20:31) en 'n Slotrede (hoofstuk 21). In hierdie sewe-dag leesplan g...

More

Ons wil graag vir Garden City Project en Chris Jones bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.gardencityproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid