Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep

— mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.24 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor die geestelike stryd en geestelike oorlogvoering

Die Skrifgedeeltes om te bestudeer: Lukas 4:1-14, Johannes 8:44 en Johannes 10:10

1. Wat leer ons van God uit hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie gedeeltes: sy karakter, werke, opdragte en beloftes?)

2. Wat leer ek van myself of mense uit hierdie gedeeltes? (Wat verwag God van my? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?).

3. 'n Sinvolle vraag om te vra is: Waarom is hierdie gedeeltes in die Bybel?

Die Satan het na Jesus gekom met 'n spesifieke Skrifgedeelte. Jesus het egter besef dat 'n mens nie daardie gedeelte in isolasie kan lees nie. Let daarop dat Jesus die Satan weerstaan het deur te sê: "Daar staan geskrywe ..." en "Daar staan ook geskrywe." Laat ons naby die Woord bly – wanneer ons twyfel, raadpleeg die Woord; wanneer jy aangeval word, raadpleeg die Woord. Die Satan probeer dikwels om 'n stukkie van die Woord te neem en jou daarmee te mislei. Die Heilige Gees sal jou egter waarsku as jy naby God wandel. Onthou: Die Skrif verduidelik die Skrif.

Inligting tot gehoorsaamheid: Omdat God hier praat, moet ons reageer. Ons moet oorgaan van inligting na gehoorsaamheid: Hoe moet ek aan hierdie Skrifgedeelte gehoorsaam wees?

1. Hoe kan ek hierdie waarhede in my lewe toepas en integreer?

2. Hoe moet ek God prakties gehoorsaam?

3. Wat en vir wie kan ek uit hierdie gedeeltes bid?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor ho...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid