Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese VoorsieningVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening

DAG 3 VAN 6

Mediteer oor die volgende woorde wat Jesus oor geld gesê het.

Markus 12:41-44: "Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar het toe ’n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: 'Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.'"

Lukas 12:15: "Toe sê Hy vir hulle: ‘Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.'"

Openbaring 3:17-18:" Julle sê: ‘Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,’ en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien." Hoewel Jesus dit nie tydens sy aardse bediening gesê het nie, is dit 'n boodskap van Hom aan die gemeente in Laodisea.

Gehoorsaamheid: Wat sê die Heilige Gees vir jou oor hoe jy dink oor geld, die manier waarop jy geld hanteer en watter rol dit in jou lewe speel? Is daar iets wat moet verander. Dit is moontlik dat radikale verandering in jou lewe nodig gaan wees.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening

Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid