Leesplan inligting

Wees Lief Nou en AltydVoorbeeld

Love and Keep Loving

DAG 2 VAN 3

'n Onbekende Taal

"Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword" 1 Korintiërs 13:1.


'n Paar maande gelede het ek met my gesin verskillende lande besoek en in een van hierdie lande is 'n onbekende taal gepraat. Dit was intimiderend om te luister na mense om my wat gesprekke voer wat ek nie verstaan ​​het nie. Om aanwysings te vra en die verduideliking te volg, was nogal 'n uitdaging. Danksy uitstekende tegnologie kon ek tekens en aanwysing skandeer wat dit na Engels vertaal het.


Dit het my herinner dat liefde soms 'n onbekende taal word as ons nie die bron ken nie. Soms gaan ons deur die lewe soos wat ek op vakansie met 'n skandeerder gemaak het — ons probeer om alles te ontsyfer of om ons weg te vind, wanneer ons ander liefhet. Die skandeerder kon die aanwysing vertaal, maar ek kon nog steeds nie die taal praat nie.


Om die bron van liefde te ken, beteken om vir God te ken. Daar is baie maniere om liefde teenoor ander te betoon, maar sonder 'n verhouding met God, sal ons in ons eie krag probeer ontsyfer wat ons moet doen of hoe om hierdie liefde te bewys. Een van die eienskappe van diegene wat vir Jesus volg, is liefde. Hoe belangrik is dit tog om die woorde van Jesus in Johannes 13:35 te onthou: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Ons wonder dikwels hoekom mense niks van Christenskap wil weet nie. Kan dit wees dat ons nie deur ons liefde geken word nie? Eina!


Ek dink een van die grootste uitdagings wat ek in die bediening gehad het, is om ander te herinner dat ons bo alles moet liefhê. Ons kan nie liefhê uit ons eie krag nie, deur ons eie interpretasie van liefde nie — ons moet daagliks en voortdurend na die Bron van liefde gaan. Liefde kom voor reëls; liefde kom voor verandering; om die waarheid te sê, sonder liefde sal jy geen verandering sien nie. Diegene wat soos Jesus liefhet, het werklik 'n meer blywende impak op die lewens van ander as diegene wat eis om soos Jesus te lewe.


Vandag nooi ek jou om terug te keer na die bron van liefde om sodoende uitdrukking aan die liefde te gee waardeur ons geken sal word. Vra God vir kreatiewe idees om diegene lief te hê wat daardie soort liefde moet sien. Nooi hulle vir middagete, stuur vir hulle 'n boodskap van dank, en seën hul lewe op 'n manier wat opreg 'n weerklank is van die liefde van God wat geen einde het nie en in jou lewe geopenbaar word. So kan jy Christus aan ander bekendstel.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love and Keep Loving

Om liefde te vier, strek verder as 'n bepaalde datum; dit is 'n lewe wat ander voortdurend daaraan herinner dat God se liefde gekom het om te genees, te herstel en vir ons 'n lewe te gee wat sy goedheid bekendstel. Ek n...

More

Ons wil graag vir Ginny Rivera bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.instagram.com/willnginny/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid