Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 2 VAN 40

Dag 2: God het die begin gegee

"Die begin is die mees belangrikste deel van die werk" — Plato.

Die vraag oor die oorsprong van alles om ons, is een van die diepste raaisels wat die mensdom bestudeer het in ʼn poging om dit te ontrafel. Gelowiges het oor die eeue heen dikwels hul antwoord gevind in die oortuiging dat God alles begin het. God is die oorsprong van die heelal, die aarde en als wat daarop is.

Hierdie geloof rus op die idee dat God nie net ʼn getuie van die skepping was nie, maar eerder die bron, ontwerper en skepper daarvan. Die openingsvers van die Bybel maak dit duidelik: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep” (Genesis 1:1). Hierdie eenvoudige, tog diep waarheid vorm die kern van ons geloof. Dit beklemtoon die primêre, ewige bestaan van God voor enige iets wat bestaan het. God het nie ʼn begin of ʼn einde nie. Hierdie begrip is moeilik om met ʼn menslike verstand te begryp, maar dit weerspieël die onpeilbare diepte van God se selfbestaan.

Moses skryf in Psalm 90:1b-2 (AFR20): “My Heer, U was vir ons ʼn woning van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die aarde en die bewoonbare wêreld voortgebring het, ja, van altyd af en vir ewig is U God.” Dit beteken dat God nie beperk is tot ʼn spesifieke tyd of plek nie; Hy bestaan buite die grense van die skepping en tyd. Die implikasies van God wat die begin gegee het, het groot implikasies vir ons lewe.

Dit beteken dan dat elke aspek van die skepping ʼn doel en ʼn betekenis het, wat gewortel is in sy plan en wil. Alles het ʼn groter doel wat begin met die skepping van die hemel en die aarde in Genesis en eindig by sy woorde in Openbaring 22:13 (AFR53):

“Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.” Die gedagte dat God die begin gegee het en ook die einde van alles, motiveer ons om Hom te aanbid, na Hom te luister en sy Woord te gehoorsaam. Dit bring ook ʼn bewustheid van ʼn dieper sin van die doel met die lewe ten spyte van gebrokenheid, pyn en lyding. Hierdie wete versterk ons met geloof dat God alles in sy hande het van die begin tot die einde!

Oordink die volgende Skrifgedeeltes uit Johannes 1:1-2 en skryf jou gedagtes daaroor neer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid