Leesplan inligting

Stiltyd GedigteVoorbeeld

Stiltyd Gedigte

DAG 1 VAN 5

Matteus 11:28-29 (NLV): “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry.”

WAT WIL JY DOEN?

Dikwels voel mens geestelik vaal

Maar God vra vertroue in jou verhaal

Miskien is dit tyd om gedagtes te versoen

Antwoord, sê vir Hom: wat wil jy doen?

Is daar probleme, nou en in die verlede,

of is daar ander drome waarna jy strewe?

Het jy al probeer om ‘n oomblik af te staan

en te hoor as Hy spreek, bemoedig of vermaan?

Het jy al gewonder hoe Hy voel as jy nie luister

of sluit jy jou hart en ploeter in die duister?

Al ooit gedink dat tyd ‘n faktor kan wees

in jou genade-uurglas, so waar is jou gees?

Neem ‘n oomblik van die res van jou lewe

en vra Hom tog om jou te vergewe

Soveel ure daagliks vermors, elke uur

wyl ons rondkarring of na die TV gluur

In daardie oomblik van stilte en bepeinsing

dink aan die Woord, dis daar as verwysing

Sy oneindige liefde en genade wat versoen,

so, wat gaan dit wees, wat wil jy doen?

Gebed: Here, hier is ek voor U ... ek wíl u verkwikking en rus ervaar.

Elke dag is ‘n vars geskenk wat ons gratis ontvang, God gee dit graag! Maak tyd met die stille wete dat Hy jou hoor en sien. Jy sal ervaar dat jou dag net "anders" begin.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Stiltyd Gedigte

Koning Dawid is sekerlik die beste voorbeeld wanneer gedigte ter sprake kom. Hy het gereeld God se lof besing, sy grootheid erken. Tydens krisistye het hy by God gepleit. Selfs koning Salomo het hierdie gawe by Dawid geë...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid